Boeke: Huwelik en gesin

Kweek kinders met Karakter


(Carpe Diem)

Prys: R169.95 (14% BTW ingesluit)

Opsomming van inhoud:
NOU is dié handleiding spesiaal hersien vir besige ma’s. Slegs die kernfeite en belangrikste aspekte is behou sodat jy in jou besige program tyd kan kry om die beste ouer moontlik te wees. Kinders se “handleiding” is in ’n groot mate in hulle unieke temperament opgeskryf. Hierdie boek leer ouers hoe om elke kind s’n te volg – in ’n japtrap.
Wil jy weet ... l hoe om jou jong boompies so te buig dat hulle nie knak nie? l waarom ’n straf vir een kind werk maar nie vir die ander nie? - waarop om jou ouerskapinsette vir elke kind te fokus sodat jy met jou beperkte tyd die grootste impak kan maak? - hoe om jou kind se “boomtaal” te praat sodat julle mekaar regtig kan verstaan? l hoe om jou kind se emosies, wangedrag, behoeftes en selfs prestasies reg te hanteer sodat sy ’n kind met karakter kan wees?
Meer oor die skrywer:
Hettie Brittz is getroud met Louis, en hulle het drie kinders. Sy is ’n voormalige spraakterapeut, wat sedert 2002 ouerskappraatjies en Immergroen Ouerskap- en skoolkursusse landswyd en oorsee aanbied, in samewerking met haar span fasiliteerders. Haar TallTrees Profiele vir tieners en volwassenes word in kerke, skole en maatskappye gebruik vir leierskapontwikkeling, spanbou en persoonlike groei. As motiveringspreker het sy gereelde optredes, radio-praatjies en TV-insetsels oor ouerskap en skooldissipline.