Boeke: Gemeentehulp

Woord en fees - Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerklike jaar 2013


(Bybel-Media)

Prys: R230.00 (14% BTW ingesluit)


Opsomming van inhoud:
Woord en fees is ’n hulpmiddel in die voorbereiding van eredienste en die ontwikkeling van preke. Dit maak gebruik van die fokustekste soos uiteengesit in die erkende teksrooster, die Revised Common Lectionary (RCL). Vanjaar se Woord en fees is gegrond op Jaar C van die RCL. Die liturgiese voorstelle gee riglyne wat die gebruiker sal help om makliker koers te kry in die voorbereiding van weeklikse eredienste. Woord en fees sluit aan by die seisoene van die kerkjaar. Vir elke seisoen is daar dus ’n basisliturgie wat as raamwerk vir die hele seisoen dien. Agter in die boek is daar liturgieë vir spesiale geleenthede, soos die doop, die nagmaal, begrafnisse en dankoffertyd. Woord en fees kan gebruik word saam met die ander publikasie in die reeks, naamlik die Woord en lewe.
Oor die skrywer:
Woord en fees is saamgestel deur lede van ’n navorsingsgroep van Communitas (voorheen Buvton), en dié lede kom almal uit die VGKSA en die NG Kerk.