Boeke: Gebed

Om te bid vir jou volwasse kinders - Gebedeboek


(CUM)

Prys: R39.95 (14% BTW ingesluit)

Opsomming van inhoud:
Stormie Omartian wil ouers help om élke dag vir hul kin­ders te bid – ongeag hul ouderdom. Om te bid vir jou volwasse kinders – Gebedeboek is saam­gestel uit Om te bid vir jou volwasse kinders met 60 gebede spe­si­fiek vir die volwasse kind se behoeftes. Algemene bekommernisse van ouers oor hul vol­was­se kin­ders word belig, en bied lesers die ge­leent­heid om hulle kinders in gebed aan God op te dra. Saam met el­ke gebed is daar ook ’n bemoedigende teks­vers en plek vir eie gebedsnotas. Stormie help ouers om God se Woord oor hul­le kin­ders te bid op gebiede soos: · Beroepskeuses · Huwelik en ander belangrike verhoudings · Ouerskap · Verslawings, emosionele en persoonlike pro­ble­me · Geloofslewe Elke ouer kan met Om te bid vir jou volwasse kin­ders – Gebedeboek rus in die krag van gebed, en staat­maak op God se beskerming en leiding vir hulle vol­was­se kinders se lewens.
Meer oor die skrywer:
Stormie Omartian is ’n topverkoper-outeur en daar is al meer as 15 miljoen van haar boeke ver­koop. Dit sluit die The Power of a Praying®-trefferreeks in, waaronder The Power of a Praying® Life, The Power of a Praying® Wife en The Power of a Praying® Husband. Stormie en haar man, Michael, is al vir byna 40 jaar getroud en het drie volwasse kinders. www.stormieomartian.com