Boeke: Dagboeke

Die krag van ’n vrou wat bid - Oordenkings


(CUM)

Prys: R119.95 (14% BTW ingesluit)

Opsomming van inhoud

Wanneer ’n vrou haar huwelik voor God bring, stel sy haar huwelik oop vir al die liefde, genade en voorsie-ning waarmee God haar wil seën. Die krag van ’n vrou wat bid – Oordenkings be-vat 100 splinternuwe oordenkings en gebede. Hierin bied Stormie Omartian lekker-lees, verrykende insigte wat elke vrou se innerlike krag en vrede sal versterk; vars perspektief op die situasies en uitdagings wat sy elke dag moet hanteer; en nuwe gebede wat huweliksmaats meer op die Heilige Gees sal laat fokus sodat negatiewe emosies en onsekerhede nie in die pad staan nie. Die gebede in Die krag van ’n vrou wat bid – Oordenkings fokus op allerlei temas na aan ’n vrou se hart, soos wanneer sy God moet vertrou, wanneer sy haar man moet vertrou, wanneer haar man haar hulp nodig het en wanneer die huwelik onder druk verkeer.

Meer oor die skrywer

Stormie Omartian is ’n topverkoper-outeur en daar is al meer as 15 miljoen van haar boeke ver-koop. Dit sluit die The Power of a Praying®-trefferreeks in, waaronder The Power of a Praying® Life, The Power of a Praying® Wife en The Power of a Praying® Husband. Stormie en haar man, Michael, is al vir byna 40 jaar getroud en het drie volwasse kinders. www.stormieomartian.com