Boeke: Dagboeke

’n Nuwe hemel en ’n nuwe aarde


(CUM)

Prys: R129.95 (14% BTW ingesluit)

Opsomming van inhoud:

Ewald van Rensburg neem jongmense in ’n Nuwe hemel en ’n nuwe aarde in 365 dae op ’n reis deur die uitdagende boek Openbaring op ’n manier wat hulle goed sal begryp. Jongmense kan Openbaring nou as ’n “C(HRISTEN)S(PEUR)I(NSIGBURO)-SAAK” sien: ’n openbaring wat van Jesus self kom en deur sy en-gel aan Johannes oorgedra is. Dan soek die skry-wer en die leser saam na SPEURLEIDRADE. God se Woord gee die leidrade om te begryp wat Hy vir ons wil leer. In die CSI-OPLOSSING gesels die skry-wer oor hoe jongmense dit wat hulle hier leer in hul elkedagse lewe kan toepas.
Elke dagstuk eindig met VARS SPORE wat die jong speurder iets gee om oor na te dink en sal laat onthou dat die vars spore van die Gees vandag nog oral om ons is.

Meer oor die skrywer

Ewald van Rensburg spesialiseer in jeug- en familiebediening en is predikant in Somerset-Wes. Hy is ook ’n gewilde en bekroonde skrywer. Ewald is getroud met Beatrix, en hulle het twee kinders.