Boeke: Dagboeke

'n Uur van lig


(Lux-Verbi)

Prys: R137.50 (14% BTW ingesluit)

Opsomming van inhoud:
Karl Barth het die volgende pragtige gebed geskryf: Here ons God, Wees Uself nou hier by my sodat hierdie ’n uur van lig sal word. Laat my in U teenwoordigheid die hemel sien oopgaan, sodat ’n vonkie van U lig in my donker situasie skyn.
’n Uur van lig is Nina Smit se splinternuwe dagstukkies wat sy spesiaal geskryf het om haar lesers te bemoedig en te inspireer met gedagtes van hoop en sekerheid. Almal ervaar tye van donkerte, maar, skryf sy: Met God by jou, sal dit nooit heeltemal donker om jou wees nie. As jy sy kind is, kan jy reken op sy teenwoordigheid, selfs al gaan jy by tye deur donker dieptes. Hy gee áltyd weer lig in jou donkerte, meer nog, Hy is self die Lig wat jou vanjaar deur die donker tye sal dra. Elke keer wanneer jy stil raak in sy teenwoordigheid en op Hom fokus, sal jy só ’n uur of ’n halfuur van lig beleef.
Saam met Nina is dit ons gebed dat hierdie dagboek vir die volgende jaar ’n uur van lig tot gevolg sal hê vir elke vrou wat dit lees.
Meer oor die Outeur:
Nina Smit is een van Suid-Afrika se bekendste en gewildste skrywers. Sy is veral bekend vir haar inspirerende boeke vir vroue, maar het ook talle gesogte boeke vir kinders geskryf. Een van haar dagboeke is in Nederlands vertaal, en haar jeugboek Net jy en Jesus 1 het die CBSA Beste Publikasie Toekenning in 1997 ontvang. Sy is getroud met ’n predikant, Johan Smit, en die egpaar het drie kinders.