|
(Christian Art Publishers)
Prys: R119.95 (14% BTW ingesluit)
Opsomming van inhoud:
Jong kinders word elke dag met moeilike besluite en verskillende opinies gekonfronteer en hulle moet leer om na Jesus se woorde te luister om sin te maak van die veranderende węreld om hulle.
Jesus se woorde vir dogters is dagstukke spesiaal vir kinders van 8-12 jaar. Hierdie funky dagstukkies is vars en nuut geskryf om seuns en dogters in 366 dae te lei met Jesus se woorde oor temas soos omgee, deel, vergifnis, getuienis en om tot eer van Hom te leef. Carolyn Larsen het elke dagstukkie geskryf met ’n Bybelteks, boodskap vir die dag en ’n “Gaan leef dit”-afdeling om hul nuwe kennis prakties toe te pas. Die jong leser sal ook baie hou van die unieke blad-uitleg in kleur.
Meer oor die Outeur:
Carolyn Larsen is ’n baie gewilde skrywer van kinderboeke, waarvan die bekendste Eerste Bybelstorieboek vir dogtertjies en Eerste Bybelstorieboek vir seuntjies is. Sy het al meer as dertig kinderboeke geskryf en ook ses vir volwassenes. Carolyn het drie kinders en ook kleinkinders. Sy en haar man, Eric, woon in Glen Ellyn, Illinois.
|