|
(Lux-Verbi)
Prys: R129.95 (14% BTW ingesluit)
Opsommong van inhoud:
Elke maand bevat n tematiese inleiding van n dubbelbladsy in volkleur op glanspapier met n foto van Juanita aan die linkerkant en van haar gunsteling-lirieke aan die regterkant, asook n boodskap van Juanita aan haar lesers vir die maand. Daar is verder ook daaglikse boodskappe vanuit die Bybel en gewilde Christelike skrywers.
Hierdie topverkoperdagbeplanner spog verder met:
Persoonlike inligting
Telefoonnommers
Skoolkalender 2013
Internasionale gedenkdae 2013
Openbare vakansiedae 2013
Namibiese vakansiedae 2013
Christelike heilige dae 2013
Verjaardagstene en Herdenkingsgskenke
Kalender vir 2013
Kalender vir 2012 en 2013
Jaarbeplanner vir 2013
Begroting vir 2013
Volblad maandkalender
Bladsy vir Saterdag en Sondag
Werksweekbladsy
Bladsy vir aantekeninge en notas
Bladsye vir name en telefoonnommers
Gekleurde skutbladsye
Meer oor die skrywer:
Juanita du Plessis se eerste musiekalbum het in 2001 dubbel-platinumstatus (verkope van meer as 100 000 eenhede) bereik. In dieselfde jaar het sy twee SABC2 Geraas-toekennings gewen. In 2002 word haar derde album, Dis Waar Ek Wil Wees, uitgereik, en Juanita se drome word die een na die ander bewaarheid. Hierna het al haar albums minstens platinumstatus bereik, maar meestal dubbelplatinumstatus. Sy skep die een trefferalbum na die ander. Juanita word die eerste Afrikaanse sangeres wat die eerste plek op RSG se amptelike Top 20-treffersparade haal en drie weke agtereenvolgend boaan bly! Met nog drie sekul๊re albums in die volgende 5 jaar Bly By My, Jou Skaduwee en Volmaakte Kring, die gospelalbums Altyd Daar en Vlieg Hoog en die DVDs In Konsert, Altyd Daar: Live op Aanvraag en Bring Jou Hart (n duetkonsert met Theuns Jordaan) herskryf sy w้้r die Suid-Afrikaanse musiekrekordboeke en behaal verkope wat die miljoenkerf verbysteek. Sy verskyn op die voorblaaie van Suid-Afrikaanse tydskrifte, is gas op vele TV-programme soos Noot vir Noot, Pasella, Egoli, Kw๊la, Binnelanders, Villa Rosa, Houtkruis en vele meer, en tree selfs as aanbieder
op. Juanita het al verskeie musiektoekennings verwerf. |