Boeke: Christelike Geloofslewe

’n Stukkende mens kan heel word


(CUM)

Prys: R89.95 (14% BTW ingesluit)

Opsomming van inhoud

Daar is soveel redes vir emosionele swaarkry in ons tyd: geweldsmisdade, finansiële probleme, egskeiding, stres by die werk. Voeg daarby traumas waarvan ’n mens nie eers altyd weet nie, soos dinge wat in die kinderjare gebeur het en ’n onuitwisbare indruk gelaat het. In ’n Stukkende mens kan heel word bespreek Tienie Prinsloo verskeie vorme van seerkry en hoe hierdie emosionele seer selfs liggaamlik sigbaar kan word. Selfs dinge wat ons dikwels as onskuldig of onskadelik sien, kan tot groot hartseer en lyding lei. Prinsloo wys dat ons met hierdie emosionele pyn na die Groot Geneesheer toe kan gaan wat ons graag daarvan wil bevry. Hy bewys met talle voorbeelde uit sy bediening hoe mense bevry kan word van die houvas van die verlede en in Christus heel kan word. ’n Stukkende mens kan heel word wys dat Christus steeds die antwoord is op al die vrae wat ’n mens kan hê.

Meer oor die skrywer

Tienie Prinsloo was vir 39 jaar predikant in die NG Kerk. Deur sy lewe het hy dikwels te doen gekry met interessante vrae wat gelowiges pla. Oor die jare heen het hy navorsing hieroor gedoen en noudat hy afgetree is, kan hy sy kennis in boekvorm uitgee. Hy woon in Heidelberg.