Boeke: Christelike Geloofslewe

OORDENKINGS UIT DIS JOU OOMBLIK


(Struik)

Prys: R159.99 (14% BTW ingesluit)

Opsomming van die inhoud:
Dit is tyd om jou geloof te verklaar, om na God se guns te soek en om Hom beheer oor jou lewe te gee sodat jy vervulling in sy planne vir jou lewe kan vind. In OORDENKINGS UIT OORDENKINGS UIT DIS JOU OOMBLIK wys die wêreldbekende prediker en internasionale topverkoperskrywer Joel Osteen jou hoe om elke dag in ’n geleentheid vir ’n beter lewe te omskep deur boodskappe van geloof en hoop in alles wat jy doen te inkorporeer. Hierdie 90 oordenkings sal jou help om jou lewe anders te benader en daardeur jou lewe onherroeplik te verander – ongeag van waar jy in die lewe staan.
Hierdie oordenkings handel oor vyf inspirerende temas:
Dis tyd om te glo
Dis tyd vir guns
Dis tyd vir herstel
Dis tyd om te vertrou
Dis tyd om te strek

Elke afdeling bestaan uit oordenkings wat op een van hierdie temas uitbrei. Vind elke dag nuwe en opwindende maniere om die leringe van Dis jou oomblik ’n werklikheid in jou lewe te maak. Nie net word daar op kernverhale van Dis jou oomblik gekonsentreer nie, maar hierdie oordenkings verskaf ook Skrifgedeeltes en daaglikse pitkos vol geloof, hoop en krag. Dit sal jou help om bo jou omstandighede uit te styg sodat jy God se volmaakte plan vir jou lewe kan vervul. Joel bied versekering dat God nie wil hê dat jy bloot net moet oorleef elke dag nie, maar dat Hy dit bestem het dat jy moet floreer. Leer aan die hand van hierdie oordenkings hoe God geleenthede oor jou pad stuur sodat jy nuwe hoogtes van vervulling kan bereik. Joel herinner jou ook hoe groter jou las, hoe groter is die seëning wat gaan volg.