Boeke: Christelike Geloofslewe

Seisoene van die hart


(Struik)

Prys: R149.99 (14% BTW ingesluit)

Opsomming van die inhoud:
Seisoene van die hart is ’n splinternuwe dagstukkieboek vars uit die pen van die geliefde Afrikaanse skrywer, Elize Parker.
Die boek bied inspirasie en motivering vir ’n hele jaar en bevat:

· 365 dagstukkies vir geestelike groei
· ’n Toepaslike Skrifgedeelte met elke dagstukkie
· Aanmoediging vir positiewe denke
· Gepaste, daaglikse gebede
· Vertroosting, bemoediging en veel meer
Elke maand word die klem gelê op ’n spesifieke manier waarop jy nader aan God kan lewe en jou verhouding met Hom kan versterk. Die twaalf maande is saamgestel rondom maandelikse temas, waaronder ‘Nederigheid’, ‘Dankbaarheid’ en ‘Inner­like vrede’. Seisoene van die hart is ’n pragtige, hardeband dagstukkieboek wat veel meer is as net ’n mooi boek wat op jou koffietafel of bedkassie pryk – dit sal jou gees verryk en vir voortdurende geestelike groei sorg. Dit is ook ’n spesiale geskenk vir enigeen wat hul verhouding met God wil verdiep.