Boeke: Christelike Geloofslewe

Versterk jou man, versterk jou huwelik


(Christelike Uitgewersmaatskappy)

Prys: R99.95 (14% BTW ingesluit)

Opsomming van inhoud:
Hoe ’n vrou wat haar man ondersteun die huwelik kan hê waarvan sy nog altyd gedroom het. Elke vrou wil die perfekte huwelik hê en soms pas hul mans nie heeltemal in by hul visie nie! Maar haar man ís haar huwelik. ’n Vrou kan haar huwelik versterk deur die beste in haar man uit te bring.
Versterk jou man, versterk jou huwelik gee le­sers Bybelse en praktiese maniere om elke huwelik ʼn vei­­li­ge hawe te maak van bemoediging, respek en lief­­de.Gewilde skrywer en gesinsterapeut dr. H. Norman Wright vertel ware verhale van mans se hoop, vrese en teleurstellings in hierdie aangrypende boek.
Vroue beskryf ook hulle eie behoefte om hul eg­ge­noot beter te verstaan, en hoe hulle self geleer het om hulle mans se harte oop te maak deur middel van aan­vaarding, onder­steuning en voortdurende be­ves­ti­ging.
Versterk jou man, versterk jou huwelik be­klem­toon die belangrike invloed wat ʼn vrou op haar man het, en hoe daardie invloed gebruik kan word om ʼn lief­de­volle en vreugdevolle huwelik met ʼn vaste fondasie te skep.
Oor die outeur:
Dr. H. Norman Wright was vir 48 jaar getroud met sy vrou, Joyce, voor haar dood in 2007. Hy het baanbrekerswerk met beradingsprogramme deur die hele Amerika gedoen en lei seminare oor baie onderwerpe, insluitend huweliksverryking, ouerskap en emosionele herstel. Sy huidige fokus is op krisis- en traumaberading en krisisontlontings onder die groter gemeenskap. Hy is die outeur van meer as 75 boeke.