(CUM)
Prys: R99.95 (14% BTW ingesluit)
Opsomming van inhoud:
In Verskuif jou grense bespreek Hannes Burger hoe Jesus Hom nie laat inperk het deur mensgemaakte reëls wanneer Hy besig was met God se werk nie. So het Hy onder andere die grense van godsdienstige reëls deurbreek, maatskaplike grense wanneer Hy uitgereik het na die randfigure van die samelewing, en rassegrense deur die Samaritane as gelykes te behandel.
· die grens van beheer oorgee oor ons eie lewe en godsdiens
· die grens van dóén wat die evangelie verkondig
· die grens van sonde
· die grens van jou eie agtergrond
· grense in jou verhoudings en sosiale strukture
Verskuif jou grense herinner gelowiges aan hul roeping: om onbevrees en in álle opsigte in ons Here se voetspore te volg.
Meer oor die skrywer:
Hannes Burger is ’n gewilde skrywer-predikant wat die hart van mense ken en graag die Bybel se boodskap vir hulle lewe oopsluit. Hy het alreeds verskeie geestelike boeke geskryf. |