Boeke: Christelik: Algemeen

Die blydskap van sy nabyheid


(CUM)

Prys: R129.95 (14% BTW ingesluit)

Opsomming van inhoud:
Wanneer is God naby jou? Wanneer is God só na­by dat jy met blydskap vervul raak deur sy teen­woor­dig­heid? In Die blydskap van sy nabyheid kyk Johan Smit in 366 dae van nader na wat die blyd­skap van God se nabyheid regtig vir die gelowige beteken.
Die skrywer ondersoek en bespreek verskeie te­­­mas, soos hoe ons ware blydskap in die geloof er­vaar, hoe dit ons lewenstyl beïnvloed en hoe ons God se stem hoor deur sy Woord wat so duidelik met ons praat. Die skrywer moedig lesers aan om te leef wat die Woord vra en wys hoe die uitleef van hiérdie roeping tot blydskap lei wat binne God se wil ervaar word. Die gelowige kan met Die blydskap van sy nabyheid sy dag begin of afsluit met ’n oor­den­king wat gegrond is in die Woord van dié God in wie ons glo, en ware blydskap ervaar.
Meer oor die skrywer:
Johan Smit het al ongeveer 100 boeke oor ’n verskeidenheid onderwerpe gepubliseer. Hy was pre­­dikant in die NG Kerk-gemeentes Wynberg, Bellville-Oos en Helderberg. Hy is getroud met Nina en hulle woon in Somerset-Wes.