Boeke: Bybelstudies

'n Nuwe tyd vir gewone mense


(Christelike Lektuurfonds)

Prys: R25.00 (14% BTW ingesluit)

Titel: 'n Nuwe tyd vir gewone mense

Outeur: Pieter van Niekerk

Subtitel: Gesprekke uit die Evangelie van Lukas en die boek Handelinge

Formaat: Sagteband

Bladsye: 58

Teikenmark: Algemene Christelike gebruik

Kategorie: Gemeente-hulpbronne

Opsomming van inhoud:

'n Bundel met gesprekke oor gedeeltes uit Lukas en Handelinge. Dit is bedoel vir die gewone mense in die kerk, vir leraars, maar ook vir evangeliste, ouderlinge en ander gemeenteleiers, vir manne en vroue wat leiding moet neem by Bybelstudies, Pinkster- en ander bidure en byeenkomste. Dis bedoel vir deurlees en nadink. Op ’n vars manier en uit ’n nuwe hoek kyk Pieter na ’n klompie bekende verhale. Hy ontdek opnuut dat die evangelie regtig bedoel is vir gewone mense, mense soos ek en jy. Dit is op ’n besondere wyse vir veral die armes, diegene wat weet hoe afhanklik hulle is – wat die Here Jesus gekom het. En dis vir sulke mense wat Hy ons oë kom oopmaak het.

Inhoudsopgawe:

1. Jesus verklaar die Evangelie.

2. "Dis darem rowwe manne vir dié tipe werk…!"

3. 'n Nuwe tyd vra 'n nuwe manier van dink.

4. Wie is Jesus vir jou?

5. Wie is nou eintlik belangrik?

6. Die kerk is aan die beweeg.

7. Jesus geniet dit om uit te eet.

8. Jesus wys die onreg uit.

9. Ons kyk na die Koning.

10. Wandel met die lewende Woord.

11. Ons band met Jesus kos 'n prys.

12. Moenie met ons bejaardes mors nie.

13. Die Here se kerk is kleurblind.

14. Die kaptein help Petrus koers kry.

15. 'n Westerse sakevrou maak haar hart oop vir Jesus.

Outeur:

Pieter van Niekerk is die afgelope 10 jaar deeltyds predikant van 'n plattelandse gemeente in die Verenigende Gereformeerde Kerk op Friemersheim in die Suid-Kaap. Die heel eerste gemeente wat deur Pieter bedien is, was in die destydse Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika in Alexandra. Hy was later by gemeenskapsontwikkeling betrokke terwyl hy ook leraar van die ou Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk op Burgersdorp in die Karoo was.

Onder leiding van die bekende professor Dirkie Smit het hy vir sy doktorale studies die verband tussen 'n Christelike Godsbeskouing en bemagtiging by plattelandse lidmate ondersoek.