(Lux-Verbi)
Prys: R57.50 (14% BTW ingesluit)
Opsomming van inhoud: Die antwoord op die vraag wat vir die gelowige belangrik is, vertel tegelykertyd watter waardes vir hom/haar uitstaan. Dit is op hierdie waardes wat die gelowige se besluite beïnvloed en bepaal. Die Here sê dat elkeen van ons wil hê dat iemand ons liefhet. Jesus het by geleentheid verduidelik dat die twee belangrikste gebooie van almal in die Bybel is om die Here met jou hele hart lief te hê en jou naaste soos jouself. In hierdie Bybelstudie vir groepe verduidelik Rick Warren dat ons hoogste mikpunt in die lewe moet wees om God en ons medemens lief te hê. Dit moet ons eerste prioriteit, ons sterkste ambisie, ons diepste verlange, ons voortdurende mikpunt, ons passievolle bedoeling en oorheersende waarde in die lewe wees. Hoe meer ons leer om eerlik en opreg lief te hê hoe meer sal ons soos Jesus word. Inhoudopgawe: Dit is hoe hierdie studiegids werk ’n Geslaagde byeenkoms Byeenkomste vir kleingroepe Eerste byeenkoms: Die liefde maak die meeste saak Tweede byeenkoms: Die liefde is geduldig, liefde is vriendelik Derde byeenkoms: Die liefde hou van die waarheid Vierde byeenkoms: Die liefde vergewe altyd Vyfde byeenkoms: Die liefde is nie selfsugtig nie Sesde byeenkoms: Die gewoontes van die liefde Riglyne vir kleingroepe Hulp vir groepleiers Vrae wat dikwels gevra word Ons program vir die veertig dae Verhoudings waarin mense betrokke is Verslag oor die kleingroep se gebede en lofprysing Laat los woede en verbittering Bedien die nagmaal Die antwoorde Kernverse Meer oor die skrywer: Rick Warren is senior leraar van Saddleback Church en skrywer van die gewilde Die doelgerigte lewe. |