(Jeugfokus)
Prys: R115.50 (14% BTW ingesluit)
Die Weg - CD en DVD
Die nuwe generasie produk word alreeds vir die afgelope vier jaar met groot sukses en tevredenheid in verskeie gemeentes oor die land aangewend. Elke jaar se temas word nie alleen met ‘n gespreksgids aangebied nie maar word ook vergesel van ‘n CD en DVD.
Hierdie CD’s en DVD’s bied ekstra beskrywing en hulpmiddels vir die ontmoetings.
Die CD bied die volgende:
1. ‘n Uitgewerkte dokument wat die inhoud van elke ontmoeting omskryf. Hierin kan jy die gedagtes en ekstra idees rondom ‘n bepaalde tema nalees.
2. Vir gemeentes wat hierdie materiaal in jeugdienste, grootgroepbyeenkomste of in lokale met multimedia toerusting wil gebruik, kan van die volledige powerpoint aanbiedings gebruik maak.
Die DVD bied die volgende:
Ekstra uittreksels uit bekende flieks, asook karaktersketse deur jongmense of Bybelfigure word as byvoegsel tot sekere ontmoetings verwerk. Die aanbieder sal hierdie hulpmiddel met groot vrug kan gebruik om die nuuskierigheid en die deelname van die groep te prikkel.
|