Boeke: Kategese: Senior Kategese

Faceboek


(Bybelkor)

Prys: R37.00 (14% BTW ingesluit)

Subtitel: Vriende van God

Bladsye: 59

Opsomming van inhoud: Ons elkeen het 'n profile. Of dit nou is soos jou vriende jou elke dag sien, en of dit jou profile is wat jy op Facebook sit – ons elkeen het ’n profile.

Vanjaar wil ons jou bekendstel aan ’n hele klomp Bybelkarakters en na elkeen se profile kyk. Hulle elkeen het ’n baie interessante profile. Daar is die vroom godsdienstiges, dié wat God glad nie geken het nie, die oneerlikes, die hoëkoppe, die twyfelaars, die profete, die armsaliges, die kerkmense, die verraaiers, die soekendes en die eenvoudige gelowiges – ’n heerlike mix van profiles wat jy ook in jou omgewing kan kry.

Die merkwaardige is egter dat hierdie mense se profile verander het toe hulle 'n ontmoeting met God gehad het. Dit sal jy elke keer sien wanneer jy met een van hierdie Bybelkarakters kennis maak. Nie almal se ontmoeting met God het goeie gevolge gehad nie, maar ’n mens kan tog elke keer iets by hulle profile sit wat nie voorheen daar was nie.

Ook jou profile verander gedurig. Dinge gebeur in jou lewe – jy trek dalk, gaan hou iewers vakansie, het ’n nuwe ou of meisie, begin met ’n nuwe sport, of wat ook al. Dan is dit tyd om jou profile te verander.

Dit is ook waar van jou geloofslewe en jou verhouding met Jesus. Wanneer Jesus jou help om jou lewe te verander en aan te pas en al hoe meer soos sy kind te leef, verander jou profile en jou image elke dag.

Faceboek – Vriende van God is gemodelleer op Facebook. Elke ontmoeting draai om ’n Bybelkarakter en sy of haar PROFILE, met selfs 'n foto daarby. Interessante Bybelgedeeltes oor die Bybelkarakter is onder INFO. Op die WALL kan jy lees wat ander mense vir die betrokke Bybelkarakter sê, en daar is plek waar jy self vir die karakter iets kan neerskryf. Daar is ook nog ander foto’s van die karakter op die WALL.

By die CHATBOKS kan jy saamgesels oor die karakter en wat sy of haar profile vir jou as Christen vandag beteken. By CONNECT kry jy die geleentheid om met God, ander mense en jou omgewing te connect, want dit is belangrik dat ’n mens nie op ’n eiland sal leef nie, maar werklik sal connect. Ons hoop dat jou profile aan die einde van die jaar anders sal lyk as aan die begin van die jaar – dat mense vir Jesus in jou profile sal raaksien. Jesus verwelkom jou nou by die vriende van God – want Hy wil jou vriend wees!

Inhoudsopgawe

1. Faceboek

Connect met God en sy vriende

2. Die man aan die kruis

Onverstaanbare genade

3. Paulus

Op ’n nuwe geloofspad

4. Saggeus

Wat sien jy?

5. Die vrou van Johannes 8

Ek is regtig vergewe

6. Josef

Vergewe, of nie?

7. Pilatus

Skuld van die onbetrokkenes

8. Maria

God-draer? Sjoe! Ek?

9. Tomas

Ontdek die inhoud van geloof

10. Ananias en Saffira

Om "doodeerlik" te wees

Tydlyn van karakters

11. Die Fariseër

Liefde, of wet?

12. Johannes

’n Sleutelgat-loer na die grootste fees ooit

13. Petrus

Hoe werk God se Gees in my?

14. Daniël se vriende

Om God lief te hê

15. Die man van Betesda

Nie "me, myself and I" nie – liefde vir ander

16. Esra

Erediens is ’n fees

17. Jakobus

Gebed wat leef

18. Nehemia

Gebed bevry

19. Hanna

Luister God wanneer ek bid?

20. Jesus

Bid dat God se wil gebeur

21. Adam

Verbruikersmentaliteit verwoes die aarde

22. Elia

Hardloop met Elia se passie

23. Judas

Ontevrede met Jesus?

24. Josef

Kersfees in my lewe

25. Ek

My nuwe profile