Boeke: Kategese: Senior Kategese

JPEG - Verskeie jeugpredikante en -werkers


(Bybelkor)

Prys: R37.00 (14% BTW ingesluit)

Subtitel: Prente vir die lewe

Aantal bladsye: 56

ISBN-10: 1-920089-19-5

OPSOMMING VAN INHOUD

’n Mens se brein is soos ’n groot hardeskyf van ’n rekenaar waarop jy honderde prente of jpeg’s kan stoor. Honderde prente flits elke dag deur jou gedagtes. Dit is soos jpeg’s in jou gedagtes … van mense, dinge, gebeurtenisse, ervarings, skokke, verrassings, verlange en van God.

Met wie deel jy hierdie jpeg’s? Of gaan lê dit iewers in ’n folder wat jy nooit weer oopmaak nie?

Hierdie jaar wil ons vir jou die kans gee om die jpeg’s van jou lewe te rangskik en daaroor te dink. Watter jpeg’s sou jy graag wou vergroot? Na watter sou jy langer wou kyk, daaroor dink, miskien daaraan edit? Watter sou jy wou delete sodat jy meer plek op jou hardeskyf kan hê?

In die eerste ontmoeting praat ons oor blogging. Hierdie gesprekgids kan vanjaar jou persoonlike blog word. Maar ’n blog moet jpeg’s hê om dit interessant te maak. Jy gaan vanjaar die kans kry om jou jpeg’s hier in te sit sodat jy daardeur jou ontdekkings, insig, groei, vrae en pret kan uitbeeld.

Almal in julle groep verskil van mekaar, en julle jpeg’s sal verskil.

Maar onthou altyd, jou jpeg’s en jou bydrae beteken net soveel en word net so baie waardeer soos die ander s’n.

En nog iets om te onthou: Die Here wil deel wees van die jpeg van jou lewe. Hy wil graag iewers in jou prentjie wees, want Hy wil vir jou die lewe saam met jou vriende die moeite werd maak.

PLUSPUNTE:

Eietyds geskryf

Sluit aan by die gereformeerde leer en belydenis

24 uitgewerkte ontmoetings

Elke ontmoeting het ’n volledige PowerPoint-aanbieding Kan in groot- en kleingroepe aangebied word Stimuleer gesprek

MARK:

Senior jeuggroepe (graad 7-10)

INHOUDSOPGAWE:

1. My blog-profiel

Ons kry ons prente reg vir die jaar

2. Die volle prentjie

Geloof in ’n neutedop

3. Bokse en balle

Ontvang genade met leë hande

4. Christus kies my vir aksie

Die uitverkiesing inspireer

5. Wie is Jesus vir jou?

Jesus God én mens!

6. Help my glo

Leiding vir mense wat twyfel

7. Gekoop, gewas en gedoop

Ek is bly ek is gedoop

8. Hoekom gely en gesterf?

Wat beteken Jesus se lyding en dood vandag vir my?

9. Die klokke sing

Jesus se opstanding bring lewe vir my

10. My ervaring is real

Jesus was hier, en Hy kom terug

11. Wys jou ware "klere"

Sien mense jy is ’n Christen?

12. My voetspoor

Ek is verantwoordelik vir die aarde

13. Uit die oog, in die hart

Jesus se hemelvaart

14. Bly online

Veilige ruimtes waar geloof groei

15. Die "ander" jy

Groei na die "jy" soos God sê jy is

16. Die missing link

Kies om ’n impak te maak

17. Beleef God ...

... saam met mekaar in heilige plekke

18. Jesus is my Koning

Leef met God se koninkryksdroom

19. Wat het ek met die kerk te doen?

God se doel met die kerk

20. Waarom kerk toe gaan?

Christus het vir ons die kerk gegee

21. Verskillende ledemate werk saam

Die gawes van die Gees

22. My kleiner voetspoor

Ek wil groener leef

23. Regtig gelukkig

Om sinvol te leef en te sterf

24. Familie van ’n VIP

Kersfees maak ons familie van Jesus

Skrywers: Verskeie jeugpredikante en werkers.