Boeke: Kategese: Junior Kategese

Lesse wat leef (Kleuters) - Susan Fourie


(Bybel-Media)

Prys: R150.00 (14% BTW ingesluit)

Formaat: Sagte band

Teikenmark: Vir kinders, kategese, kinderkrans, kleuterskole, kampe, jeugweke, Pinksterreekse, Goeie Nuus klubs, skoolgodsdiens, ensovoorts.

Opsomming van inhoud: Lesreekse volgens temas. Elke bundel bestaan uit 20-26 lesse plus: Visuele hulpmiddels, uitdeelstukke of werkblaaie om te dupliseer, tien of meer bladsye met wenke vir dinamiese lesaanbieding, gedragskenmerke van die ouderdomsgroep, metodiek van storievertel, ervaringsleer, verhoudingsbou, ensovoorts. Kinders leer deur pret, spel, nabootsing, waarneming en ervaring. Die kleuters gebruik elke jaar dieselfde bundel

1. HOE IS GOD: God ken jou / het jou lief / help jou / is oral…

2. GOD HET ALLES GEMAAK: God was altyd daar / Hy’t plante / mense / diere gemaak.

3. GOD WYS DAT HY JOU LIEFHET: God praat met jou / versorg / kry jammer / help.

4. GOD HELP ALMAL WAT HOM LIEFHET: Noag is gehoorsaam / Dawid / Goliat / Daniël.

5. GOD SORG VIR SY KINDERS: Elia by Kritspruit / weduwee van Sarfat / Josef / kinders.


Meer oor die skrywer: Susan Fourie het al verskeie boeke oor godsdiensopvoeding gepubliseer.