Boeke: Bybelstudies

 

 

Bloedfamilie

Agt groepstudies oor die huisgesin van God. Christene is deel van die geloofsgemeenskap van God.


NORMALE PRYS: R26.95

R16.15 (14% BTW ingesluit)

 

 

Bly in voeling

Ontdek geloofgewoontes om in voeling te bly met God se Gees.

R55.00 (14% BTW ingesluit)

 

 

Brief uit die gevangenis

Agt kort, eenvoudige Bybelstudies oor die boek Filippense wat veral geskik is vir mense in die gevangenis. Dit is deel van die reeks Lewe met hoop. (Kursustoets ingesluit)

R20.00 (14% BTW ingesluit)

 

 

Christus en die kruis

Christus en die kruis verken die allerbelangrikste saak waarmee enige mens gekonfronteer kan word, naamlik by Wie die redding, die verlossing en die saligheid te vinde is.

R110.00 (14% BTW ingesluit)

 

 

Daar's nog mense soos ek en jy

Tien karakterstudies vir groepe oor mense in die Bybel as basis vir 'n gesprek oor verhoudings.


NORMALE PRYS: R26.95

R16.15 (14% BTW ingesluit)

 

 

Dag na dag dra God ons

Bybelstudies vir mense wat op die een of ander manier deur kanker geraak is of word. Ook leiding oor hoe om 'n kanker-ondersteuningsgroep te stig.

R49.95 (14% BTW ingesluit)

 

 

Die Bybel Bordspel - AARK

Die spelende Bybelstudie bordspel wat saam met vriende en familie gespeel kan word. Vir Bybelstudie, selgroepe, kinderbediening en familie-tyd. AARK. Tel jou kruis op en volg My.
Afrikaanse bordspel uitverkoop, slegs nou in engles beskikbaar. Beperkte voorrad beskikbaar.

R250.00 (14% BTW ingesluit)

 

 

Die Gees maak alles nuut

Individuele Bybelstudies plus ses byeenkomste vir kleingroepe. Het jy al ervaar dat ’n nuwe intrekker plekke in jou bekende omgewing besoek waarvan jy nie eens geweet het nie? Of het jy al in ’n toerismegids of -tydskrif gelees oor plekke waar jy reeds was, maar dan kan jy nie glo wat jy alles gemis het terwyl jy daar was nie? Ons dink dit kan ook met die boek Handelinge gebeur as ’n mens net die moeite wil doen om ’n bietjie dieper te delf. Daar lê ’n ongelooflike reis voor!

R80.00 (14% BTW ingesluit)

 

 

Die liefde van Christus dring my

’n Tien-weke-Bybelstudie oor die lewe van Paulus Min mense het die vroeë kerk so merkwaardig beïnvloed soos Paulus. In hierdie Bybelstudie sal jy Paulus – met sy onvermoeide ywer vir die uitbreiding van die evangelie – van nader leer ken deur hom op sy reise deur die Antieke Wêreld te vergesel.

R48.00 (14% BTW ingesluit)

 

 

Die vrou by die put (Deelnemersgids)

Stap saam met Jesus oor grense – ’n Studie oor die Samaritaanse vrou

R50.00 (14% BTW ingesluit)

 

 

  [Bladsy 2 van 9]