|
|
|



















|
|
|
Back to Darwin: A Richer Account of Evolution
John B. Cobb Jr. (editor)
Eerdmans. 2008
ISBN: 978-0-8028-4837-6
Kort resensie deur Coenie Burger
Dié boek bring ‘m 23-tal artikels rondom die nalatenskap van die beroemde natuurwetenskaplike Charles Darwin, byeen. Die bydraers is meesal bioloë en natuurwetenskaplikes, maar daar is ook bydraes van filosowe (oa Ian Barbour, Clayton) en teoloë (Cobb, Haught en Griffin). Hoewel hulle nie mt al Darwin se idees (veral sy teologiese idees) saamstem nie, aanvaar hulle almal sy sentrale idees rondom evolusie. Cobb erken self dat die titel; effe misleidend is omdat dit nie in die boek in die eerste plek oor Darwin gaan nie, maar oor evolusionęre denke in die wetenskap en geloof.
This book provides a distinctive, radical way beyond the quarrels between evolutionary science and Christian belief. Leading scientists, philosophers, and theologians critically discuss the metaphysical assumptions of neo-Darwinism and offer concrete ways of broadening mainstream evolutionary theory. Their open exchange, moderated by veteran process theologian John B. Cobb, presents a holistic case for evolution that both theists and nontheists can accept. (Eerdmans website)
Prys: $36.00
|
|
|
|
Basic Christian Doctrine
A Summary of Christian Faith Catholic, Protestant, and Reformed
John Leith
Westminister John Knox 1993
ISBN-10: 0664251927
Kort resensie deur Coenie Burger
John Leith was waarskynlik een van die invloedrykste sistematiese teoloë in die Gereformeerd-presbiteriaanse węreld van die afgelope dekades. Leith is `n behoudende teoloog wie se passie dit was om die implikasies van `n gereformeerde verstaan van die evangelie vir sy eie tyd en situasie te bedink. Wat Leith se werk besonders maak is die deurleefdheid daarvan. Hy was lank in die bediening voor hy begin doseer het en was diep, diep betrokke in kerklike lewe in die VSA. Hierdie bondige dogmatiek van hom staan langs my rekenaar op my naaste rak. Een van die boeke.
Prys: $29.95
|
|
|
|
First Theology: God, Scripture & Hermeneutics
Author: Kevin J. Vanhoozer
INTER VARSITY PRESS: 05/2002
ISBN-10: 0830826815
ISBN-13: 9780830826810
First Theology bevat ‘n aantal opstelle van Vanhoozer, die sentrale tema is God, Skrif en Hermeneutiek – wat tegelyk ook die drie afdelings van die boek is. Die hooftema van sy argument is dat die drie “temas” nooit los van mekaar gebruik behoort te word nie. Dit gaan in die teologie en kerk altyd oor God, maar ons moet oppas om oor God te praat los van die Skrif en hermeneutiek. Die tweede groot gevaar is dat ons oor die Skrif en skrifwaarhede probeer praat los van God en Christus. Ek waardeer die beklemtoning en dink dit is waar dat van die subtielste maar tegelyk die fataalste ontsporings in die kerk en teologie saamhang met die twee gevare: om oor God los te praat van die Skrif of – dalk meer aktueel vir ons as gereformeerde – om oor die Skrif te praat los van die besef dat dit eintlik gaan om die lewende Christus.
Prys: $29.00
|
|
|
|
The Beginning of All Things: Science and Religion
Hans Kung
Eerdmans 2008
ISBN: 978-0-8028-6359-1
Hierdie boek van Küng handel oor “die begin” en probeer om wetenskapsteorieë daaroor te versoen met geloof in die God van die Bybel. Küng het ‘n diep oortuiging dat wetenskap en godsdiens met mekaar moet kan praat en dat ons nie kan toelaat dat die basiese verhouding van tussen die twee velde een van diepe verskil en konfrontasie word nie. In die loop van die boek gee hy aandag aan die meeste van die groot verklarende wetenskapsteorieë soos “big bang”, kwantum, relatiwiteitsteorie, chaos-teorie, beoordeel dit en wys ook op die grense en beperktheid van die teorieë. Hy probeer van sy kant wys waarom dit sinvol en verantwoordelik is is om die vraag na God en sy betrokkenheid by die begin en by lewe te vra. In die loop van die boek gee Küng sy mening oor die meeste vrae rakende die wetenskap-geloof-debat.
Prys: $18.00
|
|
|
|
The Promise of Baptism: An Introduction to Baptism in Scripture and the Reformed Tradition
James V. Brownson
Eerdmans 2006
ISBN: 978-0-8028-3307-5
Ek weet nie van 'n beter boek, vir 'n gemeentedominee, oor Doop as Promise of Baptism nie. Dié boek is geskryf aan die hand van 30 vrae oor die Doop en word in die loop van die boek geantwoord. Dit beantwoord dieper teologiese vrae (bv oor die Nuwe Testamentiese betekenis en waarde van die Doop) maar ook oor die praktiese waarmee 'n mens in die gemeente te doen kry. Brownson is 'n Nuwe testamentikus van die Reformed Church in Amerika.
Coenie Burger
Prys: $16.00
|
|
|
|
Dictionary for Theological Interpretation of the Bible
Vanhoozer, Kevin J.
Baker/SPCK. 2005
896 pages
ISBN: 0-8010-2694-6
Kort resensie deur Coenie Burger
Baker het met die publikasie van hierdie woordeboek ons `n groot guns gedoen. Hulle het een van die knapste jonger teoloë Kevin Vanhoozer gebruik om vir ons `n uitstekende, ensiklopediese eenband-volume oor Bybelinterpretasie te bring. Ensiklopedieë en woordeboeke is nie maklik om te skryf nie. Sommige woordeboeke se bydraes is so kort en bondig dat jy nie regtig iets daarmee kan maak nie. Ander weer is so lank en uitvoerig dat die eindproduk te duur geword het (vgl bv Eerdmans se uitstekende vyfbandreeks oor Ensiklopedie van die Christendom). My positiewe gevoel oor hierdie bundel het veral te doen met die feit dat Vanhoozer-hulle raakskiet wat die lengte van die opstelle betref. Jy kan redelik vinnig `n oorsig oor `n tema kry en heelwat informasie wat jou `n goeie greep om die saak gee.
Uiteraard kan jy in een bundel net soveel temas dek. Maar ook wat dit betref het hulle goed gedoen. Die fokus is op Bybelinterpretasie. Dus is al die hermeneutiese temas daar; ook goeie inleidings op al die Bybelboeke en dan ook goeie en soliede bespreking van die belangrikste groot temas van die Bybel en teologie. Ek kan die boek sterk aanbeveel.
Description (Christian Books.com)
Today's biblical interpreter, whether scholar, student, or pastor, is faced with a plethora of philosophies and methods for interpreting Scripture. Postmodern trends have emphasized one's community identity in shaping interpretation, leading to differing conclusions. In addition, modern biblical interpretation has too often been characterized by a schism between the disciplines of exegesis and theology. The Dictionary for Theological Interpretation of the Bible is a groundbreaking reference tool that seeks first of all to marry the tasks of exegesis and theology with the goal of theological interpretation of Scripture that is, interpretation that has recovered a focus on the subject matter of Scripture: the nature and activity of God and the gospel. Second, it aims to provide a guide to understanding various interpretative approaches and a tool for evaluating them in light of this goal. The dictionary covers a wide range of topics related to biblical interpretation with both depth and clarity. Topics include the theological interpretation of individual books of the Bible, issues of hermeneutics, various biblical interpreters and interpretative communities, and the interplay of interpretation with various doctrines and doctrinal themes. The contributors represent a diverse range of theological backgrounds and interpretative approaches and are experts in their respective fields.
Prys: $27.50
|
|
|
|
An Architecture of Immanence: Architecture for Worship and Ministry Today
Series: Calvin Institute of Christian Worship Liturgical Studies Series
Mark A. Torgerson
Eerdmans. 2007
ISBN: 978-0-8028-3209-2
Kort resensie deur Coenie Burger
Hierdie boek is seker tans die beste, toeganklike, publikasie wat beskikbaar is oor kerkargitektuur. Torgenson kom uit die evangeliese tradisie (Evangelical Covenant Church),maar die boek dek ‘n baie wye, ekumeniese spektrum van denke oor liturgie en liturgiese ruimtes. Hy gee aandag aan al die belangrike lyne: wat die skrif oor dié saak leer; wat ons uit die geskiedenis kan leer; resente neigings in die teologie en erediensviering; moderne neiging in argitektuur, ens. Hy het twee hoofstukke waarin hy kyk na interessante nuwe voorbeelde van kerkgeboue – in verskillende style! – in Europa en die VSA. Hy eindig met twee opsommende hoofstukke: “Where are we now?” (oor wat ons tot hier toe geleer het) en “Where can we go?” (rigtings vir die toekoms).
Prys: $24.00
|
|
|
|
Being Consumed: Economics and Christian Desire
William T. Cavanaugh
Eerdmans. 2008
ISBN: 978-0-8028-4561-0
Daar verskyn al hoe meer boeke wat krities kyk na die manier waarop die Westerse Kerk en Christene ingekoop het in die Weste se vryemark-denke en verbruikersingesteldheid. Hierdie boek bevat vier opstelle waarin Cavanaugh kyk na vier temas rondom die Westerse ekonomiese denke nl vryemark-denke, die verbruikersingesteldheid, globalisasie en die idee van skaarste. In elke hoofstuk verduidelik hy eers die konsep en die gangbare ekonomiese denke daaroor. Daarna kyk hy na probleme en kompleksiteite wat deur die praktyk veroorsaak word en uiteindelik stel hy 'n paar kritiese vrae vanuit die Christelike tradisie.
Prys: $12.00
|
|
|
|
Ten Commandments for Pastors New to a Congregation
Lawrence W Farris
Eerdmans. 2003
ISBN: 978-0-8028-2128-7
Kort resensie deur Coenie Burger
Hierdie is regtig nie die diepsinnigste teologiese boek wat ek al gelees het nie, en tog weet ek dat ‘n paar jong predikante (en dalk selfs ‘n paar oueres ook!) baie pyn en verdriet gespaar sou wees as hulle die boekie kon lees voor hulle in ‘n nuwe gemeente begin werk het.
Die skrywer Lawrence Ferris het baie ondervind van die soort van ding. Hy is al jare lank besig om aan jong predikante wat in nuwe gemeentes gaan werk, advies te gee oor hulle ingesteldheid en verwagtings tydens die eerste paar maande.
Benewens verwagte advies soos dat ‘n mens van meet af baie erns met jou prediking moet maak en nie te hoë verwagtings moet skep nie, is daar ook verrassende punte. Sy eerste opdrag is dat die nuwe predikant “a cultural historian” sal wees en baie moeite sal doen om die geskiedenis en kultuur van die gemeente en sy mense te verstaan. Hy maak die waarneming dat elke nuwe predikant as’t ware ‘n sekere hoeveelheid “kapitaal” (hy praat van “blue chips for change”) kry om veranderings in die gemeente te maak. Hy waarsku dan dat jy die kapitaal wyslik moet bestee en nie oorhaastig opgebruik deur ondeurdagte en onsinnige vernuwings in te voer nie. Hoe vas die kapitaal ‘n bietjie en gebruik vir sake wat regtig saak maak.
Hy beklemtoon ook die belangrikheid van goeie selfbestuur en versorging, van goeie finansiële en administratiewe bestuur en dat ‘n mens ‘n duidelike Bybelse prentjie van predikantswerk sal hę.
Soos ek sę: nie ‘n plaasvervanger vir Barth of Calvyn nie. Maar twee of drie ure met die boekie kan ‘n nuwe dominee baie pyn en verleentheid en teleurstelling spaar.
Prys: $13.00
|
|
|
|
Unchristian: What a new generation really think about Christianity … and why it matters
David Kinnamin and Gabe Lyons
Baker Books. 2007
ISBN: 0-8010-1300-3
ISBN10: 0801013003
Resensie deur Coenie Burger
Hierdie publikasie wat kom uit die navorsing van die George Barna groep, is noodsaaklike leeswerk vir almal wat besorg is oor die kerk in die Weste en wat probeer nadink oor die toekoms van die kerk.
Die boek se waarde lę nie in die eerste plek in sy advies vir toekoms nie, maar in die analise wat gegee word van die huidige kerk. Die outeurs het gesprekke gevoer met `n klomp jonger Amerikaners tussen die ouderdom 16-29 en hulle gevra na hulle siening van die kerk en van Christene. Die prentjie wat hulle gekry het was nie goed nie. Om die waarheid te sę dit was so negatief dat hulle tot die konklusie gekom het dat die kerk – Bybels beskou – on-christelik geword het (vandaar die titel van die boek).
Die jong mense het ses negatiewe kenmerke van die kerk uitgewys. Kerkmense is
• Skynheilig
• Te gepreokkupeer om ander te probeer red
• Net te sterk anti-homoseksueel
• Oorbeskermd en onbewus van wat in die węreld buite aangaan
• Ideologies en polities in hulle geloof
• En te veroordelend
Hoewel die kritiek ook `n algemene geldigheid het, sal `n mens goed doen om te onthou dat ons hier met `n Amerikaanse fenomeen en problematiek te doen het. Die outeurs verduidelik die kritiek, maar probeer ook telkens raadgee oor hoe die kerk en Christene die proses kan omdraai. Oor die raad het ek `n bietjie meer reserwes.
Prys: $17.99
|
|
|
|
Congregational Culture
Anthony B. Robinson
Eerdmans. 2003
ISBN: 978-0-8028-0518-8
Dit is een van die beste beskrywings van hoe gemeentekultuur gevorm word en hoe om dit te verander. Daar is al baie geskryf oor wat gemeentekultuur is, maar min werke slaag so goed daarin om te verduidelik hoe om dit te verander. Veral in die hoofstuk oor geloofsonderskeiding verduidelik hy waarom die gemeenteleierskap nie verwar moet word met dié van n direksie van 'n maatskappy nie.
Prys: $18.00
|
|
|
|
Assist Me to Proclaim: The Life and Hymns of Charles Wesley
Series: Library of Religious Biography
John R. Tyson
Eerdmans. 2008
ISBN: 978-0-8028-2939-9
Kort resensie deur Coenie Burger
Hierdie publikasie van Tyson word besing as die mees gesaghebbende biografie wat tans beskikbaar is oor die lewe van die jonger en minder bekende Wesley-broer, Charles. Saam met sy broer John was hy die stigter van die Modernistiese Beweging en later die Metodiste Kerk. Hoewel sekere groepe sy rustiger prediking bo dié van sy broer verkies het, was hy veral bekend vir sy gesange en liedere. Hy het in die tyd van sy bediening oor die 9000 liedere geskryf waarvan tussen 300-400 tot vandag nog in gesangeboeke opgeneem word!
Die boek vertel Charles Wesley se verhaal op ‘n baie boeiende manier – van sy kinderdae, sy bekering, sy veldtogdae en sy latere bediening in London. Die waarde van die boek word verhoog deurdat ‘n veelheid van sy liedere in die teks ingebring word op ‘n wyse wat ‘n mens help om te verstaan waar hulle vandaan kom en wat Wesley se eerste bedoeling daarmee was.
Charles Wesley (1707–1788) was the cofounder of Methodism and the author of more than 9,000 hymns and sacred poems, including such favorites as “Hark! the Herald Angels Sing,” “O for a Thousand Tongues to Sing,” and “Christ the Lord Is Risen Today.” John Tyson here traces the remarkable life of this influential man from cradle to grave, using rare — including previously unpublished — hymns, letters, and journal materials.
As the younger brother of John Wesley, Charles was a vital partner in the Methodist revival. While often standing in the shadow of his more famous brother, Charles Wesley was arguably the founder of the Oxford Holy Club, and he actually experienced evangelical conversion three days prior to John. In Assist Me to Proclaim Tyson explores, among other things, behind-the-scenes questions about the brothers’ sometimes-stormy relationship.
Notwithstanding all his accomplishments as an evangelist and itinerant preacher, Charles is chiefly remembered for his startling facility at writing hymns that show God at work in almost every instance of life. His remarkable legacy endures around the world, as hundreds of Charles Wesley hymns are still sung in churches everywhere today.
Assist Me to Proclaim draws a picture of a man whose fidelity to both the Church of England and the original vision of Methodism energized his remarkable abilities as a revivalist and hymn writer. Readers also get a glimpse into Wesley’s heart and mind through the window of his hymn texts. This is a biography that any student of church history or hymnody will welcome. (Eerdmans website)
Prys: $22.00
|
|
|
|
Patterns in History – A Christian Perspective on Historical Thought
David Bebbington
Apollos. 1990
Resensie deur Coenie Burger
Bebbington is `n historikus wat bewustelik Christelik probeer nadink oor die geskiedenis en oor geskiedskrywing. Hierdie publikasie van hom is `n baie handige oorsig oor verskillende benaderings tot die geskiedenis met `n verduideliking van sy eie geloofstandpunt.
Hy bespreek vyf groot denkskole:
1. `n Sikliese verstaan van die geskiedenis. Dit was die standpunt van die meer van die ou kulture en word in resenter tye ook gevind in die denke van mense soos Nietzsche, Spengler en Toynbee (tot `n mate).
2. `n Christelike verstaan van die geskiedenis. Hy gee aandag aan onder andere Eusebius, Augustinus en Joachim van Fiore se werk.
3. Die idée van voortgang wat opgekom het uit die verligtingsdenke. Hy kyk na die rol van mense soos Voltaire, Adam Smith, Hume ea.
4. Die historisme skool met name soos Vico, Dilthey en Collingwood.
5. Die marxistiese verstaan van die geskiedenis
In die laaste hoofstuk “The Meaning of History” verduidelik Bebbington sy eie standpunt. Hy sluit instemmend aan by `n sterk stelling van Barrett wat skryf: “The death and resurrection of Jesus show the meaning God puts on life, and manifest the pattern of history as God himself understands it.” Hy voel homself duidelik baie naby aan die standpunte van die beroemde Cambridge historikus, Sir Herbert Butterfield – goeie geselskap!
`n Herdruk van `n werk wat die eerste keer in 1979 verskyn het.
Prys: $24.95
|
|
|
|
The Cambridge Companion to Orthodox Christian Theology
Edited by Mary B. Cunningham and Elizabeth Theokritoff
Cambridge
ISBN: 9780521683388
`n Enkelbandboek wat vir `n mens `n goeie, verantwoordelike en wye oriëntering op die Ortodokse Kerke en Tradisie bied. Hierdie stewige boek bevat 19 artikels en `n hele paar kaarte en diagramme en slaag daarin om `n baie goeie breë beeld van die Ortodokse Kerk te gee. In die eerste hoofstuk vertel die outeurs die boeiende verhaal van die Ortodokse Kerk, van sy groei en sy ontplooiing in verskillende tradisies en van sy probleme. Wat ook besonder interessant is, is die laaste fase van groei wat saamhang met die lewe van uitgeweke gelowiges in verskillende Westerse lande.
Prys: $29.99
|
|
|
|
The Fathers of the Church: A Comprehensive Introduction
Hubertus R. Drobner
Hendrickson Publishers. 2007
ISBN: 9781565633315
ISBN-13: 9781565633315
Kort resensie deur Coenie Burger
Hendrickson het die Engelssprekende węreld ‘n guns gedoen met die vertaling van Drobner se gesaghebbende werk uit die Duits. Die boek is reeds in vyf ander tale vertaal en word allerweë as ‘n klassieke inleiding tot die denke van die Vaders van die Kerk beskou. Drobner het probeer om ‘n balans te kry tussen kompaktheid, tegniese en historiese korrektheid en leesbaarheid. Hy dek die hele periode van die NT tot en met die agste eeu met opsommings van die historiese agtergrond en basiese inhou van die vernaamste teoloë van dié tyd se denke asook ‘n bespreking van die bronne self en waar verder gelees kan word oor hulle.
Daar is meer populęr-geskryfde boeke wat makliker lees, maar hierdie bundel; het as hanteerbare gesaghebbende naslaanbron waarskynlik nie gelyke nie.
Description
Good, solid, contemporary introductions to patristic authors and writings are difficult to find in the English-speaking world, and European volumes are expensive. This volume, which is Siegfried Schatzmann’s translation of Lehrbuch der Patrologie, offers English-speaking readers easy access to Hubertus R. Drobner’s traditional introduction to early Christian thought.
Hubertus R. Drobner brings patristics scholarship up to date in this traditional introduction. His work is sufficiently broad to be a useful summary of early Christian history and the expansive strokes of doctrinal debate and development and provides a clear presentation of early Christian thought. Drobner introduces new materials throughout this recently updated edition of his handbook. A general map and several timetables add to the clarity of the volume.
The Fathers of the Church is valuable in its presentation of contemporary studies and views. Patristics students will benefit from this dependable overview of early Christian texts, and scholars and libraries will appreciate the extensive bibliography, indexes, and other resources.
Reviews
“This is an English translation by Siegfried Schatzmann of the German book Lehrbuch der Patrologie by Hubertus R. Drobner, which was originally published in 1994 with some corrected, revised and additional material added by Drobner and William Harmless, S.J. This book is an introduction and bibliography of the writings of the Fathers of the Church and other early Christian writings. The Fathers and other writers are grouped into historical periods. Each Church Father or writing starts with an introduction into that person or writing, which is then followed by a bibliography of sources in various languages. There are books, journals, and Internet sites provided. There is a supplemental bibliography at the back of the book with a subject index and an index of ancient sources. This book is highly recommended for seminaries and schools of theology due to its price and the amount of information it provides.” —American Reference Books Annual.
"Good, solid, contemporary introductions to patristic authors and writings are difficult to find in the English-speaking world, and European volumes are expensive. This volume, which is Siegfried Schatzmann’s translation of Lehrbuch der Patrologie, offers English-speaking readers easy access to Hubertus R. Drobner’s traditional introduction to early Christian thought. Hubertus R. Drobner brings patristics scholarship up to date in this traditional introduction. His work is sufficiently broad to be a useful summary of early Christian history and the expansive strokes of doctrinal debate and development and provides a clear presentation of early Christian thought. Drobner introduces new materials throughout this recently updated edition of his handbook. A general map and several timetables add to the clarity of the volume. The Fathers of the Church is valuable in its presentation of contemporary studies and views. Patristics students will benefit from this dependable overview of early Christian texts, and scholars and libraries will appreciate the extensive bibliography, indexes, and other resources." —Review of Biblical Literature
“Drobner’s volume is a translation of the 1994 German book, but with additions from subsequent translations in French, etc. Rather than a textbook, it is a rich resource book or “guidebook,” as English editor Harmless labels it. The book is chronologically organized. Within separate historical periods, readers will find focuses on themes, particular church fathers, and the fathers’ various texts. Each focus offers a wealth of bibliographical material. Thankfully, Harmless supplements Drobner’s bibliographical resources with some more current entries. Readers will discover classical research resources, i.e., from the entire 20th century, but not the latest, most up-to-date material. Overall, this is an easy-to-use ready reference for students and scholars alike. Drobner ( Univ. of Paderborn, Germany) also provides an effective overview of the salient themes of the early Christian centuries. He offers good, very readable introductions to the various church fathers with respect to their historical context and theological significance. Useful indexes of subjects and of ancient sources again enable quick access for readers with particular research interests. Finally, one of the book’s most distinctive features is the chapter on independent bodies of literature, which offers resources on Syrians, Egyptians, Armenians, and Arabs. This will be an important work for serious students and scholars of early Christianity. Its reasonable price and its comprehensiveness within a single volume mean that it will be valuable in a wide variety of libraries. Summing Up: Highly recommended. Graduate students and above.” —Choice
“I can highly recommend this book to both teachers and students in schools of theology and seminaries due to its comparatively moderate price and the amount of information provided in just 600 pages. It is certainly more than the mere introduction suggested by its English title. . . I am convinced that this volume will become the normative contemporary source to be first consulted by those seeking further information about the Fathers.” —Studia Historiae Ecclesiasticae (Hendrickson website)
Prys: $44.95
|
|
|
|
Be Not Anxious: Pastoral Care of Disquieted Souls
Allan Hugh Cole Jr.
ISBN: 978-0-8028-6310-2
Kort resensie deur Coenie Burger
Hierdie is een van die heel beste en interessantste boeke wat ek nog gelees het oor die moeilike onderwerp van angs en depressie. Die krag van die boek lę waarskynlik daarin dat Cole nie net sielkundig met hierdie onderwerpe omgaan nie, maar ook baie moeite doen om te kyk wat die groot teoloë deur die eeue daaroor te sę gehad het. Die verdere wins is dat Cole dit regkry om baie verstaanbaar (en pastoraal) te skryf oor hierdie moeilike sake.
`n Mens sou die inhoud van die boek in vier dele kon opdeel.
+ Hy begin met `n beskrywing van wat hy noem “die baie gesigte van angs”
+ Daarna – vir my was dit die interessantste deel – bespreek hy tien teoloë se gedagtes en sienings oor angs – oa Luther, Calvyn, Kierkegaard, Bonhoeffer, Barth, Niebuhr, Tillich en Moltmann. Die boek is die moeite werd om te koop net vir hierdie hoofstuk!
+ in die derde deel behandel hy drie sielkundige sienings van angs (Freud, Stack Sullivan en Aaron Beck)
+ in die laaste paar hoofstukke probeer hy praktiese raad gee aan leraars wat mense met angs probeer bystaan en help
Ek kan die boek baie, baie sterk aanbeveel. Cole is `n jonger stem na wie `n mens kan luister.
Kommentaar – Pierre Goosen
In terme van die praktiese raad in die laaste drie hoofstukke is daar onder andere drie aspekte waaraan hy aandag gee en wat die dominee van hulp kan wees om iemand wat met angstigheid (in 'n toestand van disoriëntasie) verkeer te help.
Hy wys op die mens se behoefte om te behoort en bespreek die rol van die Kerk en gemeentes in die verband.
Hy bespreek die sewe kategorieë wat Pruyser, Minister as Diagnostician, bekendgestel het as "guidelines for pastoral diagnosis" en gee dit 'n vars toepassing as instrument vir die dominee.
Hy bespreek die beginsels van kognitiewe terapie vir gebruik in die pastoraat en wys hoe dit toegepas kan word aan die persoon met angs(-tigheid).
In 'n laaste hoofstuk wys hy op die belang van geloofsgewoontes waarin 'n stuk vastigheid lę vir die persoon in disharmonie.
'n Baie stimulerende boek met baie toepassings moontlikhede.
Description – Eerdmans Website
As Allan Cole knows firsthand, both personally and pastorally, Christians are not immune from anxiety, and many believers go to their church leaders for support and solace. This helpful book draws on narrative approaches to theology and counseling to suggest how pastoral caregivers may effectively minister to anxious persons.
Be Not Anxious provides pastors and other caregivers with a basic understanding of anxiety, including how to identify those suffering from it and how to get at what is making them anxious. Cole focuses both on cognitive-based methods and on common faith practices — church membership, frequent worship, prayer, Bible reading, service, and confession — showing how these may provide relief from anxiety. By addressing the roles of both psychiatry and ministry as co-liberators from anxiety, he leads the pastor and the faith community in helping disquieted souls to find rest.
Prys: $20.00
|
|
|
|
Providence and Prayer: How does God work in the world?
Tiessen, Terrance
IVP. 2000. April 2000
432 pages (paperback)
ISBN: 978-0-8308-1578-4
Kort resensie deur Coenie Burger
Ek merk in die laaste tyd dat lidmate en predikante meer oor gebed praat en uitvra as wat `n mens vir `n tyd lank gewoond was om te hoor. In ons eie streek het ons verlede jaar `n baie geseënde konferensie oor die onderwerp gehad. Ek weet van min resente boeke wat met meer teologiese diepte oor die onderwerp handel as Tiessen se Providence and Prayer.
Die boek handel baie spesifiek oor voorbidding en die vraag hoe (en “of”) ons gebede God se handelinge in die wêreld beïnvloed – dit is seker die heel moeilikste vraag oor gebed. Tiessen het `n uitvoerige en uitgebreide studie oor die saak gedoen en bespreek in die boek elf verskillende maniere waarop mense die vraag beantwoord. Hy begin by wat hy noem `n semi-deïstiese model en eindig by fatalisme. In die proses gee hy aandag aan heelwat van die belangrike teoloë se standpunte oor die saak. Hy kyk na bekendes soos Barth, Aquinas en Calvyn, maar ook na ander soos Brummer, Whitehead, Polkinghorn, Kaufmann, en vele ander. Die meer interessante en aktuele modelle is nie die ekstreme op die kant nie, maar diè in die middel. Tiessen uiteindelik self kies vir `n variasie van Calvyn se verstaan van die voorsieningheid en voorbidding. Die groot waarde van boek lê waarskynlik daarin dat dit juis die temas van gebed en voorsieningheid in verband bring met mekaar. Ons gedagte kan baie skeefloop as ons net wil dink oor hoe ons God se planne kan beïnvloed. Die ander vraag in die boek – wat eintlik die belangrike een is – is die vraag hoe God vandag nog in ons wêreld besig is om te werk. Die groot wins van die boek is dat dit ons wil help om oor die vraag na te dink – sodat ons met meer verantwoordelikheid daaroor kan praat.
Ek kan die boek baie sterk aanbeveel. Dit verduidelik en sistematiseer `n groot klomp informasie en doen dit op `n helder en verantwoordelike manier.
Prys: $20.00 |
|
|
|
|
|
|
| |
|
|









|
|
|
|
|