Klik hier vir bemakingsinligting (2.2 MB)

’n Testament is…
... u voorreg
... u gemoedsrus
... u voorsorg vir diegene vir wie u omgee
... u voorsiening vir werk van ewigheidswaarde

Waarom is ’n testament noodsaaklik?

Om oor ’n testament en boedelbeplanning te praat, is nie aangenaam nie – selfs nie vir Christene nie. En tog is dit noodsaaklik.

Deur ons hele lewe versamel ons besittings. Baie van ons bestee te min tyd daaraan om te verseker dat ons besittings reg gebruik word as ons dit nie meer nodig het nie.

Daarom is dit belangrik dat u ’n regsgeldige testament het. As u reeds ’n testament het, moet u gereeld seker maak dat dit op datum bly en by veranderde omstandighede en behoeftes aangepas word.

Wat gebeur as ek nie ’n testament het nie?

As u sonder ’n testament te sterwe sou kom, mag dit gebeur dat:

• u boedel onnodig lank neem om afgehandel te word
• u besittings aan oormatige boedelbelasting blootgestel word
• u bates heel anders verdeel word as wat u in gedagte gehad het
• u naasbestaandes aan onnodige onsekerheid en bekommernisse blootgestel word.

Ter wille van u eie gemoedsrus en ter wille van diegene vir wie u omgee, is dit raadsaam om ’n testament so gou doenlik te laat opstel.

Wat moet ek doen?

As u vir die eerste keer ’n testament wil laat opstel, raadpleeg u finansiële raadgewer, ’n prokureur of ’n bankamptenaar wat boedeldienste hanteer. Hierdie persone is opgelei om u wense duidelik uiteen te sit en u testament volgens wetlike voorskrifte op te stel.

As u ’n bestaande testament wil hersien, maak ’n afspraak met die beredderaar of instansie wat u aanvanklik gehelp het om die testament op te stel. Hulle sal saam met u die testament deurgaan en enige moontlike wysigings op ’n regsgeldige wyse aanbring.

Gebruik die geleentheid om:
• die nodige finansiële sekuriteit vir u afhanklikes te verseker
• persoonlike besittings na te laat aan die mense wat dit as nagedagtenis aan u sal bewaar en gebruik
• te verseker dat u steun aan die werk van verdienstelike instansies voortgesit word.

Voortgaande ondersteuning vir Bybel-Media

U is tans ’n gewaardeerde ondersteuner van Bybel-Media. U huidige bydraes is vir ons uiters waardevol.

Daarmee help u Bybel-Media om:
• die Bybelse boodskap in verskeie tale deur multi-media-produkte aan mense van alle kerke te bring
• jaarliks aan duisende gevangenes gratis Bybelstudiegidse beskikbaar te stel
• minderbevoorregtes met gratis of gesubsidieerde Bybelstudiegidse en ander hulpmiddels te voorsien
• geestelike leiers en gelowiges vir hulle dienswerk in die Here se koninkryk toe te rus
• ’n verskeidenheid jeug- en gesinsgerigte produkte beskikbaar te hê.

Bybel-Media – as nie-winsgewende organisasie (NWO) – is grotendeels van donasies en bemakings afhanklik om al bogemelde dienste te kan lewer. Voordele van ’n bemaking aan Bybel-Media

Deur ’n bemaking in u testament aan Bybel-Media, maak u voorsiening dat u waardevolle ondersteuning kan voortgaan as u nie meer self daar is om bydraes te gee nie.

Enige bedrag geld of bate as bemaking aan Bybel-Media is vrygestel van boedel-belasting! Sodoende word die belastinglas op u boedel verlig en waardevolle konink-ryksdiens kan met die erflating verrig word.

Elke boedel word deur moontlike boedel- belastings (20%) geraak. Dié belasting word bereken nadat die toegelate kortings eers af-getrek is. Help Bybel-Media om werk van ewigheidswaarde te doen!

As u dit oorweeg om Bybel-Media in u testament te begunstig, kan u:
• ’n bepaalde bedrag wat u graag wil bewillig
• ’n spesifieke persentasie van u boedel
• die restant van u boedel nadat u vir ander behoeftes voorsiening gemaak het, of
• bates in die vorm van aandele, eiendom of polisse aan Bybel-Media bemaak. U eie omstandighede sal bepaal watter van hierdie moontlikhede u gaan kies.

As u Bybel-Media in u testament as beguns-tigde benoem, vra ons vriendelik dat u dit onder ons aandag bring. Dit gee vir ons die geleentheid om nou reeds vir u dankie te sê.

Ons kan u dan gereeld, as ’n lewenslange vriend en ondersteuner, op hoogte hou van die toekomstige werksaamhede by Bybel-Media. Só vorm ons ’n span wat saam in die Here se diens staan en werk van ewigheidswaarde doen.

Bybel-Media

(Bybelkor 1971 – 2011)

Kontak Bybel-Media op een van die volgende maniere:

Telefoon: 021 864 8223
Faks: 021 864 8264
E-pos: hans@bmedia.co.za
Webwerf: www.bybelmedia.co.za
Pos: Die Hoof, Fondswerwing
Bybelkor
Posbus 5
Wellington
7654

UITGEGEE AS ‘N DIENS AAN DIE ONDERSTEUNERS VAN BYBELKOR/BYBEL-MEDIA