ISBN-13: 9781415302569 Omslag: Sagte band Opsomming van inhoud: Die meeste mense wat voluit probeer lewe, word in die een of ander stadium van hul lewe ontnugter. Dit gebeur selfs met mense wat skynbaar suksesvol is op persoonlike en professionele terrein, en wat hulself besig hou met goeie aktiwiteite soos kerksake. Die lewe voel toenemend vir dié mense leeg en saai, of harteloos en wreed. Maar iewers op jou lewensreis hoor jy God se stem vir jou sê: Daar is méér in die lewe. Luister na jou hart. Iets kom kort. God nooi ons om saam te kom op ’n ontdekkingsreis saam met Hom; om deel te word van sy Groot Liefdesverhaal. Neem die uitnodiging aan, en jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie. Skrywers: John Eldredge & Brent Curtis
|