Dink jy dat Christelike beginsels mense se persoonlike vryheid bedreig?
 
 
 
 
Lig Tydskrif
 
 
Boeke arrow Selfhelp arrow Die weg van die ongetemde hart - John Eldredge



Die weg van die ongetemde hart - John Eldredge

( Struik )
Prys: R119.95 (14 % BTW ingesluit)


ISBN: 1415301449

Omslag: Sagte band

Opsomming van inhoud: Ons leef in 'n era waar baie mans (en seuns) vaderloos voortsukkel. Daar is nie genoeg ervare mans wat hulle kan help om deur die lewe se avonture, swaarkry en hoogtepunte gevorm te word nie. Dus strompel hulle op hul eie voort, geteister deur 'n knaende onsekerheid wat lei tot vrees, woede, verveling en baie vorms van verslawing.

Maar daar is 'n alternatief. "Ons is nie veronderstel om die lewe op ons eie to probeer uitpluis nie," sê John Eldredge. "God wil ons Pa wees. Hy wil ons gids wees op die manlike reis. Selfs al het jy nie 'n vaderfiguur gehad nie, kan God die gebeure in jou lewe gebruik om jou in te lyf as man. En Hy wil pa's wys hoe om dit vir hul seuns te doen."

Die weg van die ongetemde hart is 'n padkaart vir die manlike reis. Dit sal jou lei om die man te word wat jy diep in jou hart wil wees.

Skrywer: John Eldredge




 







 
 
 
 
Vind ons op Facebook!
Sluit aan by ons groep.
Vind ons op Facebook!

 
 
 

 

 
Privaatbeleid     Terugstuurbeleid     Vrywaring
©2008 Bybel-Media. Alle Regte Voorbehou.

 

e-aankope - Afrikaans Aanlyn Winkel Buy Online - English Online Store Dienste en Aktiwiteite - Afrikaans Ministries and Activities - English