Dink jy dat Christelike beginsels mense se persoonlike vryheid bedreig?
 
 
 
 
Lig Tydskrif
 
 
Boeke arrow Bybels arrow Bybel vir die lewe 24/7 - Nico Simpsom & Ewald van Rensburg



Bybel vir die lewe 24/7 - Nico Simpsom & Ewald van Rensburg

( Lux-Verbi )
Prys: R275.95 (14 % BTW ingesluit)


Omslag: Sagte band

ISBN: 0796303207

Unieke verkooppunte: ’n Unieke Bybel vir 20-plussers, deur plaaslike skrywers. Die 24/7-Bybel vir die Lewe verkondig die boodskap dat God ons 24/7 in die gewone en buitengewone gebeure in ons elkedagse lewe ontmoet.

Opsomming van inhoud: Mense kom van verskillende kante af na die Bybel toe. Daarom wil Die 24/7-Bybel vir die Lewe met die verskillende rubrieke die Bybelteks vir alle soorte mense oopsluit. Die skryfstyl is op die punt af, die rubrieke kort, betekenisvol en kernagtig. Sover moontlik is daar van elke rubriek in al 66 Bybelboeke. Die rubrieke is tussen die Bybelteks ingevoeg.

Agter die keuses vir rubrieke lê die drie groot lewensvrae wat ons dink gelowiges se lewe en geloof beïnvloed:

Wie is ons in God se oë? – ons identiteit.

Watter verskil maak geloof aan hoe ek saam met ander mense leef? – al ons verhoudings.

Hoe leef ons 24/7 as gelowiges? – om Jesus te volg.

Al die rubrieke – al is dit dikwels aan ’n spesifieke gedeelte of vers in die Bybel gekoppel – help die lesers om verantwoordelik met die Bybelteks om te gaan, om dieper te grawe in ’n baie ou geloofstradisie en hulle te lei om hulle te verbind aan die Christelike tradisie en, bowenal, aan God self.

Skrywer: Ewald van Rensburg




 







 
 
 
 
Vind ons op Facebook!
Sluit aan by ons groep.
Vind ons op Facebook!

 
 
 

 

 
Privaatbeleid     Terugstuurbeleid     Vrywaring
©2008 Bybel-Media. Alle Regte Voorbehou.

 

e-aankope - Afrikaans Aanlyn Winkel Buy Online - English Online Store Dienste en Aktiwiteite - Afrikaans Ministries and Activities - English