Omslag: Sagteband Bladsye: 140 ISBN: 9781868042425 Teikenmark: Algemene gebruik – jeugbediening, geloofsopvoeding Unieke verkooppunte: - Bekostigbaar - Kleurvolle stories en illustrasies - Gefokus op Suid-Afrikaanse jeug - Beskikbaar in verskeidenheid tale Opsomming van die inhoud: Kom stap saam is ’n boek met Bybelverhale vir kinders - vanaf voorskool tot hoërskool - en vir alle beginnerlesers. Die belangrikste Bybelverhale word boeiend oorvertel, op so ’n manier dat dit nie net kennis oordra nie, maar ook geloof help vorm en kinders uitnooi tot gesprek. Kom stap saam is ’n nuttige boek vir godsdiensonderrig in skole, jeugbediening en kategese by kerke en geloofs- opvoeding in ouerhuise. Dis spesiaal geskryf vir die verskillende taal- en kultuurgroepe van Suidelike Afrika. Oorvertaling na Engels, Xhosa en Sotho vind huidiglik plaas. Meer oor die skrywer: Susan Goosen is 'n onderwyser en was onder meer verbonde aan Somerset-Wes Primêr, Curro Privaatskool en tans gee sy onderwys by Royal Drakensberg Primary. As onderwyskundige is sy ook betrokke by die opstel van verskillende modules vir skoolonderrig. Susan het in 2004 begin skryf. Sy fokus veral op jeuglektuur. Sy skryf gereeld vir die kinderrubriek in die gesinstydskrif LIG.
|