Subtitel: 'n Roman oor engele in diens van God en die mens Omslag: Sagteband Bladsye: 392 ISBN: 978-1-86829-508-1 Teikenmark: Algemene gebruik, fiksie Unieke verkooppunte: · ’n Besonder kreatiewe boek met ryk vertellings oor engele en hul bestaan in die Bybel Opsomming van die inhoud: Hoekom heers daar onenigheid in die hemel? En hoekom word die mooie Eva deur die slang verlei? Wat op aarde besiel vir Abel en Kain? En Jakob en Esau? En wie wás dit wat met Samuel gepraat het? Van wanneer af kan 'n donkie praat? En waarom sterf 'n onskuldige Man 'n gruweldood aan 'n houtkruis? Vra maar vir die hemelbodes…vir Migael en Gabriël, Rafael en Uriël. En vir Lucifer wat die mooiste musiek in die hemel kom maak… Van die skepping af tree engele op as bemiddelaars tussen God en mens, tree hulle in gesprek met God óór die mens en gryp hulle op Gods bevel ín in die lewe van mense… Hierdie bemiddeling, gesprek en ingrype loop soos 'n goue draad deur die Bybel, maar vind sy triomfantlike finale beslag in die eindtyd, wanneer die mens op sy weerloosste is. Met hierdie roman stel Jaco Thom op meesterlike wyse die engele aan die woord en kom die leser opnuut onder die indruk van die wonderbare genade van God se handeling met die mens. Meer oor die skrywer: Cas Wepener het Teologie en Liturgie gestudeer aan die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van Tilburg, Nederland. Tans is hy predikant van die NG Kerk Pinelands in Kaapstad, deeltydse dosent in Liturgiek, en navorsingsgenoot by die Departement Praktiese Teologie van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat. Buiten vele artikels vir akademiese tydskrifte het Cas al verskeie publikasie oor liturgie die lig laat sien, onder meer From fast to feast. A ritual-liturgical exploration of reconciliation in South African cultural contexts en Ontdekkings in die erediens.
|