Dink jy dat Christelike beginsels mense se persoonlike vryheid bedreig?
 
 
 
 
Lig Tydskrif
 
 
Boeke arrow Teologie arrow Aan tafel met Jesus – Cas Wepener



Aan tafel met Jesus – Cas Wepener

( Bybel-Media )
Prys: R98.00 (14 % BTW ingesluit)


Omslag: Sagteband

Bladsye: 176

ISBN: 978 0 86487 491 7

Teikenmark:

· Predikante, pastore, Bybelstudente van verskillende denominasies

· Almal wat belangstel in vernuwende liturgie en preekstof

· Lidmate van verskeie kerkverbande

Unieke verkooppunte:

· 'n Besonder kreatiewe boek met aangrypende insigte oor die geskiedenis van die nagmaal en oor die dieper betekenis van ander maaltyd-geleenthede in die Nuwe Testament.

· Daar is niks soortgelyks in die Afrikaanse populêr-teologiese literatuur nie.

· Aan tafel met Jesus bevat wye verskeidenheid stof vir individuele preke of ’n preekreeks, interessante liturgiese voorstelle, en selfs resepte vir moderne gemeenskapsetes.

Opsomming van die inhoud: Die titel van hierdie boek slaan op Jesus Christus se instelling van die nagmaal, maar handel ook veel wyer oor die veelbewoë geskiedenis van die nagmaal van toe af tot nou. Dit vertel die merkwaardige verhaal van al die ander saameet-geleenthede in die Lukasevangelie en die boek Handelinge.

Cas Wepener wys op ’n kreatiewe manier wat ons daaruit kan leer oor wie God is en wie Christene behoort te wees. Hoe so? Omdat mense se eetgewoontes veel sê oor wie hulle is, en omdat Bybelse etes en Jesus se gelykenisse oor maaltye vir ons illustreer wie die God van die Bybel is en hoe sy hart klop.

Hierdie hoogs oorspronklike en baie nuttige boek gaan ten diepste oor die navolging van Christus, en dit impliseer deurlopend dat mense wat Jesus se "tafelmaniere" leer ken en aanleer, ook op ’n diepliggende manier sal kan leer van dissipelskap en hoe om verhoudings tussen individue en (geloofs)gemeenskappe te bou en te verbeter.

Inhoudsopgawe:

Deel A: Aan tafel met Jesus

1. Inleidende gedagtes

Agtergrond

Aanbieding

Aanloop

Resep vir karringmelkbeskuit

Deel B: Aan tafel met Jesus in Lukas en Handelinge

2. Tafelgemeenskap in Lukas en Handelinge

3. Sewe tafels van Pase tot Pinkster

Tafel 1: Om God te sien … – Lukas 24:13-35

Tafel 2: God is by dié saam met wie Hy eet – Lukas 7:36-50

Tafel 3: Ons is hoe ons eet – Lukas 14:1-14

Resep vir groentesop

Tafel 4: God is hoe Hy eet – Lukas 14:15-24

Resep vir breyani

Tafel 5: Ons is wat ons eet – Lukas 22:7-23

Tafel 6: God is met dié saam met wie ons eet – Handelinge 10 – 11:18

Tafel 7: Om mekaar te sien … – Handelinge 2:41-47

Deel C: Aan tafel met Jesus in die erediens en die wêreld

4. Hoe die nagmaal deur die eeue gevier is

Die eerste eeue: 60-312 nC

Van onwettig tot wettig en tot staatsgodsdiens: 312-600 nC

In die Middeleeue: 500-1550 nC

Sedert die Reformasie in Suid-Afrika

Sedert 1948 in Suid-Afrika

Om saam te vat

5. Die kerk, die tafel, verhoudings en armoede

Armoede, sosiale kapitaal en tafelgemeenskap

Tafelgemeenskap in Lukas-Handelinge en sosiale kapitaal

’n Barometer vir die benutting van sosiale kapitaal – vir individue en groepe

My liggaam, Jesus se liggaam, ons sosiale liggaam, die kerk as liggaam

Meer oor die skrywer: Cas Wepener het Teologie en Liturgie gestudeer aan die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van Tilburg, Nederland. Tans is hy predikant van die NG Kerk Pinelands in Kaapstad, deeltydse dosent in Liturgiek, en navorsingsgenoot by die Departement Praktiese Teologie van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat. Buiten vele artikels vir akademiese tydskrifte het Cas al verskeie publikasie oor liturgie die lig laat sien, onder meer From fast to feast. A ritual-liturgical exploration of reconciliation in South African cultural contexts en Ontdekkings in die erediens.




 







 
 
 
 
Vind ons op Facebook!
Sluit aan by ons groep.
Vind ons op Facebook!

 
 
 

 

 
Privaatbeleid     Terugstuurbeleid     Vrywaring
©2008 Bybel-Media. Alle Regte Voorbehou.

 

e-aankope - Afrikaans Aanlyn Winkel Buy Online - English Online Store Dienste en Aktiwiteite - Afrikaans Ministries and Activities - English