Dink jy dat Christelike beginsels mense se persoonlike vryheid bedreig?
 
 
 
 
Lig Tydskrif
 
 
Boeke arrow Fiksie volwassenes arrow Agter die skerms – Take Two - Karen Kingsbury



Agter die skerms – Take Two - Karen Kingsbury

( Lux-Verbi )
Prys: R129.95 (14 % BTW ingesluit)


ISBN: 9780796310453

Reeksnaam: Agter die skerms

Teikenmark: Vroue/Alle lesers van Christelike fiksie

Unieke Verkooppunte: Take Two is die tweede boek in Karen Kingsbury se spannende en boeiende reeks Agter die skerms. ’n Boek wat jou weer eens sal meesleur terwyl jy al die oorwinnings, beproewings, lief en leed, keuses en versoekings saam met die karakters beleef.

Opsomming van inhoud: Take Two is Karen Kingsbury se tweede meesleurende boek in die Agter die skerms-reeks. Die twee onafhanklike rolprentvervaardigers, Chase Ryan en Keith Ellison, volg steeds hulle droom om in Hollywood rolprente te maak wat die wêreld sal verander. Beleef ook saam met die vier studente Bailey, Tim, Andi en Cody al die keuses wat hulle moet maak en die versoekings wat hulle moet hanteer.

Nog ’n boeiende roman oor die uitdagings en beproewings wat die onafhanklike rolprentvervaardigers, Chase Ryan en Keith Ellison, moet oorkom terwyl hulle hulle droom in Hollywood najaag – om rolprente te maak wat die wêreld sal verander en mense in ’n verhouding met God sal bring. Ineengevleg met hulle verhaal, is dié van die vier studente – Bailey, Andi, Cody en Tim – en al die keuses en probleme en versoekings waarvoor hulle in hulle lewe te staan kom. ’n Spannende en inspirerende verhaal vir elke liefhebber van Christelike fiksie.

Meer oor die skrywer: Karen Kingsbury is tans Amerika se topskrywer van Christelike fiksie. Sy is ook in Suid-Afrika baie gewild. Sy het al meer as dertig boeke in die Life Changing Fiction™-reeks geskryf, en daar is byna vyf miljoen van haar boeke in druk. Time Magazine het haar die Koningin van Christelike Fiksie gedoop. Dit is geen wonder dat sy so gewild is nie, want buiten haar boeiende skryfstyl sluit sy ’n persoonlike verhouding met haar lesers deur die gebruiklike brief aan haar lesers wat sy by elke boek insluit. Karen ontvang dan ook elke week honderde briewe van geïnspireerde lesers. Lees op haar webtuiste www.KarenKingsbury.com meer oor haar, haar familie, haar lewe, haar boeke en haar geloof.




 







 
 
 
 
Vind ons op Facebook!
Sluit aan by ons groep.
Vind ons op Facebook!

 
 
 

 

 
Privaatbeleid     Terugstuurbeleid     Vrywaring
©2008 Bybel-Media. Alle Regte Voorbehou.

 

e-aankope - Afrikaans Aanlyn Winkel Buy Online - English Online Store Dienste en Aktiwiteite - Afrikaans Ministries and Activities - English