Opsomming van inhoud: Kadot is ‘n plaasdonkie met gevoelens.
Net soos al ons kleuters en jong kinders sukkel hy om sy gevoelens te verstaan. Hy word bang, hartseer, opgewonde – en elke keer is Paul (Ivan Botha) of Helenè (Bester) daar om klein kykers te help om die emosies te verstaan. Paul gebruik die geleentheid om ‘n storie van ‘n profeet uit die Bybel te vertel.
Die stories kry lewe met Marcel Rossouw se treffende en kleurvolle illustrasies. Elke episode word met ‘n spesiale liedjie deur Helenè Bester afgesluit. Helenè en begaafde komponis, Mariëtte Galjaard het spesiaal 7 nuwe liedjies hiervoor geskryf.
Die stories het ‘n redelike tempo sodat kinders nie verveeld raak nie en dis in ‘n taal en vorm wat kinders sal verstaan. "Kadot en die Profete" sal jou kind leer van die profete, soos Nehemia, Habakuk en Joël, asook die meer bekende profete soos Elia en Jona.