Teikenmark: Almal wat gaan trou, wat reeds getroud is en ook vir dié wat iewers langs die pad vasgehaak het.
Unieke Verkooppunte:
· Skrywer is ’n bekende huweliksberader, aanbieder van huweliksverrykingskursusse en
-seminare.
· Praktiese saamdoen-oefeninge vir egpare en gevallestudies.
· Dek die 8 areas wat egpare moet bemeester om hul huwelik te laat werk.
· Hoofstukke is bondig, maar lê bepaalde indruk vas.
Opsomming van inhoud:
Die skrywer het sy eie werk met egpare en huweliksvoorbereiding ontleed en 8 areas geïdentifiseer wat hy dikwels moet hanteer saam met hierdie mense. Dié 8 areas word aan mekaar verbind deur die Bybelse ideaal vir huwelike: dat twee mense as een moet funksioneer. Deur elkeen van die 8 areas in die praktyk te bemeester, bou egpare dus aan die eenheid in hul verhouding. Vir elkeen van die 8 areas het hy 4 kernwaarhede geïdentifiseer wat kan help om die huwelik in die regte rigting te stuur. Elke hoofstuk is vol kort, bondige inligting, maar lê ook ’n bepaalde oorheersende indruk vas, met die nodige saamdoen-oefeninge om hierdie aspek te bemeester.
Dis ’n boek oor die praktiese uitwerk van jou lewe. Sodat jou goeie huwelik God kan verheerlik.
Die 8 areas wat die skrywer behandel, is:
1. Kry beter beheer oor jou hart.
2. Die hartklop van ’n huweliksverhouding.
3. Omskep verskille in winspunte.
4. Verseker oop kommunikasie.
5. Omskep oorloë in oorwinnings.
6. Laat oorleef die romanties-erotiese liefde.
7. Word ’n beter span.
8. Laat jou geloof jou lewe bepaal.
Meer oor die skrywer: Floris Knouwds is predikant in die NG Kerk Risiville, Vereeniging. Hy spesialiseer in huweliksberading en opleiding (die aanbieding van ’n Bybelskool). Hy is getroud met Riana en hulle het drie dogters en een seun. Floris is die redakteur van die topdagboek vir egpare: ’n Belofte wat hou.