Subtitel: Wat is dié waardes? En is dit regtig wie ons wil wees?
Bladsye: 416
ISBN-13: 978-0-7963-0986-0
Teikenmark:
Volwassenes en studente.
Predikante en pastore wat ’n interessante aanknoping en tema as prikkel vir preekstof soek.
Onderskeidende fynproewer-lesers – wat dikwels sukkel om ’n "geestelike" boek te vind wat ook intellektueel stimuleer en humor inweef. Dit versadig "die verlange na méér in geestelike boeke", waarvan al hoe meer lesers praat
Unieke Verkooppunte: Van die beste dink- en skryfwerk in Afrikaans oor geloof en geestelike waardes in die gewone lewe, deur ’n teoloog wat wêreldwyd aansien geniet – maar wat die gawe het om met groot eenvoud, humor en deernis vir die gewone mens te skryf.
Opsomming van inhoud: Die stukke in hierdie bundel handel oor "dieper geestelike waardes" – die onuitgesproke aannames en veronderstellinge, die dikwels onbewuste oortuigings en keuses waarop ons alledaagse lewe berus. Soms kom dié oortuigings, keuses en waardes van ver – uit ons kinderjare, uit ons vroeë ervaringe, uit volkswysheid, uit die tale en beskouinge waarmee ons opgegroei het; soms kom dit uit die populêre mening van die dag, uit wat "almal" sê, glo en doen, wat ons maar net oorneem, aanhang en najaag sonder om aldag te besef wat ons doen. Hierdie "meditasies" daag lesers uit om ’n slag van dié dieper waardes waarmee ons elke dag leef bewus te word, daaroor na te dink, en te vra of dit regtig is wie ons wil wees.
Inhoudsopgawe:
Voorwoord
Brief aan die leser
Môre!
Januarie
Modelle?
Februarie
Desember
Mer oor die skrywer: Dirkie Smit is plaaslik en internasionaal bekend as teoloog, denker, spreker en skrywer (akademies en populêr). Hy is professor in sistematiese teologie by die Kweekskool op stellenbosch. Verskeie boeke vir die algemene mark het al uit sy pen by Lux Verbi.BM verskyn (vra redaksie). Dirkie is veral bekend vir sy akademiese werk, maar die voorganger van Die dieper waardes waarmee ons leef, naamlik Stukkies van die hemel het ook baie goed gedoen . Ook gewild was sy drie bundels oor die Geloofsbelydenis van Nicéa: Lig uit Lig, Vernuwe na die beeld van ons Skepper. Wat Here is en lewend maak Hy het ook substansiële bydraes gelewer tot werke soos Die groot aanhalingsboek en die Groot gebedeboek en Gebedeboek vir die lewe. Hy was ook medeskrywer van die onlangse Ontmoetings in die erediens.