Skrywer :Marlene Carr
Bladsye :224
Omslag :harde band
Redakteur : Ria van der Merwe USP:
1. Handige formaat vir die handsak.
2. Aantreklike omslag en stewig gebind.
3. Baie inligting.
4. Daar is baie plek om te skryf.
5. Dit is ’n goeie geskenk.
6. Plek vir foto’s
Hierdie is die dagbeplanner waarop almal gewag het. Dit is dubbeldoelig want jy kan jou besige skedule beplan en daar is ook plek vir jou geliefdes se kiekies. Dit is ’n handige grootte en jy kan dit met jou saamneem waar jy ookal gaan. Dit is vir die beroepsvrou, ma’s, oumas, verliefdes en almal wat graag brag oor die mense wat hulle liefhet of oor hulle oorsese toer. Dit maak ook ’n uitstekende geskenk.
Hierdie kleurvolle dagbeplanner is uniek. Dit lyk soos ’n dagbeplanner, maar dit is meer as dit. In die ses plastiek koeverte wat in die boek voorkom is daar plek vir 12 foto’s (rug aan rug) wat maklik uitgehaal en omgeruil kan word. Op elke bladsy is daar ’n toepaslike aanhaling of Bybelteks met genoeg plek vir aantekenings, verjaardae en spesiale dae. Nasionale vakansiedae is ook ingesluit.
Inhoudsopgawe:
Vir elke maand van die jaar het die skrywer ’n inleiding geskryf.
Marlene Carr is ’n sangeres wat al ’n CD gesny het, en sy is bereid om by die voorstelling van die boek te sing.