Opsomming van inhoud:Coach jou kind vir die lewe is ’n praktiese gids propvol idees en oplossings oor hoe jy jou kind kan coach om beter te dink. Dit sal jou help om ’n kind groot te maak wat oplossings soek, passievol leef en met ’n "Ek kan"-gesindheid die lewe vierkantig in die oë wil kyk. Hierdie boek is gerig op ouers en het ’n praktiese aanslag. In ’n geselstrant neem die skrywer ouers deur die basiese aspekte van suksesvolle ouerskap, en hoe om ’n gesonde verhouding met jou kinders te bou en te handhaaf. Met hierdie boek sal jy leer om jou kinders te help om ’n meer effektiewe, oplossingsgeoriënteerde manier van dink aan te leer. Die boek kweek "Ek kan"-kinders wat met positiewe oë na die lewe kyk.
Meer oor die skrywer: Tanya is getroud met Stoffel en het drie kinders. Hulle woon in Mooikloof, Pretoria (met ses honde). Tanya is ‘n geakkrediteerde Life en Business Coach en ’n Associate Certified Coach van die International Coaching Federation. Sy is ook ’n RCS South Africa Coach Assessor. Tanya skryf die voelgoed-blog vir Carpe Diem se selfhelp-afdeling en maandelikse artikels vir die tydskrif Finesse. Sy is ook ’n gereelde gas op Radiosondergrense en het al verskeie programme saam met Suzaan Stein gedoen. Tanya tree gereeld op as motiveringspreker.