Dink jy dat Christelike beginsels mense se persoonlike vryheid bedreig?
 
 
 
 
Lig Tydskrif
 
 
Boeke arrow Humor arrow Juig, jongdominee, juig! - Barend Vos



Juig, jongdominee, juig! - Barend Vos

( LAPA Uitgewers )
Prys: R99.95 (14 % BTW ingesluit)


ISBN: 9780799340976

Opsomming van inhoud: Wat maak Jongdominee op 'n kriekettoer – saam met opgewonde skoolseuns, 'n lydsame, dog vasberade Sakkie Skool en daardie befaamde skeidsregter, Niklaas van die bank?

Dit is maar een van die vele vrae wat die predikant, nou reeds 'n bekende by duisende lesers van LIG, homself kon afvra, die nag toe Niklaas langs hom in die slaapsak wou inkruip. Maar teen daardie tyd wat dit reeds te laat …

Tussen hom, SyGoeieVrou, en hulle twee dogtertjies, probeer hulle baie ander vrae ook beantwoord. Maar, soos lesers van die vorige boeke reeds agtergekom het, kom antwoorde in 'n plattelandse pastorie nie altyd sonder ongevalle nie. Nie met gemeentelede soos Tannie Perskop, Gawie Grootwoord, en Diaken Doors nie. En húlle is die makkes…

Wat sê die kritici:

"…'n plattelandse brigade wat reeds volksbesit geword het." – Volksblad

"Dié dominee het 'n fyn oog en oor…" – Huisgenoot

"Die soort stories waaruit jy vir jou lewensmaat grepies sal wil voorlees (as jy jou lag kan hou)." – George Weideman in Taalgenoot

Meer oor die skrywer: Barend Vos is predikant op Warrenton en Windsorton.




 







 
 
 
 
Vind ons op Facebook!
Sluit aan by ons groep.
Vind ons op Facebook!

 
 
 

 

 
Privaatbeleid     Terugstuurbeleid     Vrywaring
©2008 Bybel-Media. Alle Regte Voorbehou.

 

e-aankope - Afrikaans Aanlyn Winkel Buy Online - English Online Store Dienste en Aktiwiteite - Afrikaans Ministries and Activities - English