Subtitel: Bybelse reisboek vir dogters van Eva (’n geestelike reis in 52 dae) ISBN: 9780796308627 Opsomming van inhoud: Louis Krüger neem vroue in hierdie boek in 52 dae op ’n ontdekkingstog deur verskillende kulture en die Bybelse tye heen om hulle só te help om hulleself te aanvaar as die buitengewone en kosbare skeppings wat hulle is, en om hulle ware self en hulle waarde in die samelewing en in Christus Jesus te ontdek. In die verskillende hoofstukke van hierdie boek gesels Louis Krüger oor kwelvrae soos: • Waarom is daar steeds beperkings in die kerk en in die samelewing op vroue wat hulle verhinder om hulle rol ten volle te vertolk? • Waarom voel vroue dikwels dat hulle die slagoffer van omstandighede, van die geskiedenis en van die samelewing is? • Wat is die probleem tussen man en vrou? • Is daar werklik in die Bybel sprake van diskriminasie teen en ’n minderwaardige posisie vir hulle? • Wat was Jesus se houding teenoor vroue? Hy soek saam met sy lesers na ’n antwoord op een brandende vraag: Hoe het Jesus met vroue omgegaan? Wat beteken Jesus vir vroue? Aan die einde van elke hoofstuk is daar: • een of meer vrae wat die vrou se selfkennis en selfbeeld ondersoek; • ’n besluit wat sy kan neem, en • ’n gebed wat sy kan bid. Die skrywer lei in hierdie boek vroue om hulleself te aanvaar as die buitengewone en kosbare skeppings wat hulle is. En dit beteken ook: om hulle geslag te aanvaar met al die geestelike rykdom en moontlikhede wat dit hulle bied – en só die lewe in oorvloed te ervaar. Skrywer: Louis Krüger
|