Dink jy dat Christelike beginsels mense se persoonlike vryheid bedreig?
 
 
 
 
Lig Tydskrif
 
 
Boeke arrow Bybelstudies arrow 12 Studies oor die boek Efesiërs - Eddie Rasnake



12 Studies oor die boek Efesiërs - Eddie Rasnake

( Christelike Uitgewersmaatskappy )
Prys: R119.95 (14 % BTW ingesluit)


ISBN: 978 1 77000 5990

Opsomming van inhoud: "Hoe kan die inhoud van ’n brief wat so lank gelede geskryf is enigiets met my te doen hê?" wonder baie mense dalk. Die waarheid is dat Paulus se brief aan die gemeentelede van die streek wat bekend is as Turkye, vandag nog net so relevant is as die dag toe dit geskryf is.

Unieke verkoopspunte: In hierdie Bybelstudie sal jy antwoorde op die volgende vrae kry:

Waarom het Paulus aan die gemeentelede van Efese geskryf, en wat het hom bevoeg gemaak om spesifiek aan die nie-Joodse gelowiges daar te skryf?

Is die beginsels wat Paulus vir die Efesiërs geleer het, vir ons vandag in die 21ste eeu nog relevant?

Wat is volgens Efesiërs die Christen se posisie "in Christus"?

Hoe kan Christene se lewenswandel in ooreenstemming wees met hulle roeping?

Wat is volgens Efesiërs 5 en 6 die Christen se rol van onderdanigheid in die huis en werkplek?

Hoe kan ’n swak mens staande bly teen die listige planne van Satan?

Deur hierdie Bybelstudie sal jy sien hoe die tydlose boodskap van Efesiërs vandag geleef moet word.

Meer oor die skrywer: Essie Rasnake is tans medeleraar by Woodland Park Baptist Church. Hy wy hom al langer as ’n dekade daaraan om gelowiges in Oos-Europa met die Woord te bedien, en is op die raad van direkteure van die Center for Christian leadership in Albanië, en die Bible Training Center in die Bahamas. Eddie en sy vrou, Michele, woon saam met hulle vier kinders in Chattanooga, Tennessee.




 







 
 
 
 
Vind ons op Facebook!
Sluit aan by ons groep.
Vind ons op Facebook!

 
 
 

 

 
Privaatbeleid     Terugstuurbeleid     Vrywaring
©2008 Bybel-Media. Alle Regte Voorbehou.

 

e-aankope - Afrikaans Aanlyn Winkel Buy Online - English Online Store Dienste en Aktiwiteite - Afrikaans Ministries and Activities - English