ISBN: 9780620415057 Opsomming van inhoud: Eugene Kemp skryf met insig oor die alledaagse wat ons lewe vorm - maar veral hoe ons moet reageer teenoor die gebeure wat ons lewens beïnvloed. Vars, kort stories wat jou lewe sal verryk. Hierdie beskrywings is ’n versameling uit Eugene Kemp se gereelde gesprekke met Derrich Gardner op Saterdag-oggende op RSG in die program Brekfis met Derrich. Meer oor die skrywer: Dr Eugene Kemp is ’n geregistreerde sielkundige en ’n gesaghebbende met ’n wye ervaring in die bedryfsielkunde tov veranderingsbestuur. Hy is ’n gereelde spreker op Radio Sonder Grense en het reeds op verskeie TV programme opgetree. Hy is ’n lewensafrigter vir verskeie prominente maatskappye en was betrokke by afrigting in die Presidentskantoor in 2007 asook by leierskapontwikkeling as deel van die Business for Wellness program. Hy is ook lid van die ACCSA Raad.
|