Soos uitgesaai in Brekfis met Derrich op RSG ISBN: 9780620430777 Opsomming van inhoud: Volgens die skrywer het die boek as volg ontstaan: "Die Pleister vir die siel-konsep het sy ontstaan gehad toe ek by RSG met Brekfis met Derrich (Saterdae) begin het. Die inhoud van die destydse bydraes was taamlik formeel en ons wou iets skep wat ’n bietjie meer vleis om die been het, maar nie Bybelversies of preke is nie. Saterdae is vir die meeste mense ’ woelige dag en die bydrae moes pas by die tempo van die dag met ’n kort en kragtige impak." Met Pleister vir die Siel word daar gepoog om die pyn van die lewe en sy gebeure meer draaglik te maak en mense hoop te gee vir hulleself, die toekoms en hulle geloof. Unieke verkoopspunte: Riekert Botha is ’n juweel wat nie gekluister is aan die dogma van een instansie nie, maar wêreldwys is, ...sy liefde vir God is opvallend ...hy het al ’n lang pad met sy geloof geloop, ’n pad van stry en weer stry, vra en aanvaar. Die deernis en oortuiging van sy gesprekke, soos op RSG in Brekfis met Derrich, het al vir baie mense nuwe denkrigtings oopgemaak wat hulle nie geweet het bestaan nie. Meer oor die skrywer: Riekert Botha is die pastor van die Baptiste Gemeente op Vredendal in die Wes-Kaap. Riekert beskik oor die grade BA.Th (honneurs) van die Global University en ’n MA.Th van die Northwestern Theological Seminary, waar hy tans besig is met sy Ph.D (berading).
|