BoekeNuut Die eerste 5 minute na die dood vir kinders - Isak Burger
Die eerste 5 minute na die dood vir kinders - Isak Burger
( Carpe Diem )
Prys:
R54.95
(14 % BTW ingesluit)
Subtitel: Wat gebeur wanneer ’n mens sterf?
Formaat: Sagte band
ISBN: 978-1-77031-122-0
Opsomming van inhoud: Sodra ’n kind begin verstaan dat mense sterf, kan dit sy of haar grootste vrees word. Om te praat oor die dood is ook nie net ’n eenmalige gebeurtenis nie, maar ’n lewenslange gesprek.
Dr Isak Burger weet hoe om die dood aan kinders te verduidelik. In hierdie boek met sy maklike begrippe en eenvoudige taal, bring hy troos vir kinders en gee hy antwoorde op hulle vrae terwyl hy hul verseker dat hulle altyd veilig by God is. Hierdie boek is geskik vir laerskoolkinders om self te lees, maar sal ook vir ouers antwoorde en riglyne gee oor hoe om met kinders te praat oor dít wat met ons gebeur wanneer ons sterf.
Meer oor die skrywer: Dr Isak Burger is die skrywer van die trefferboeke Die Eerste 5 Minute na die Dood en Die Laaste 5 Minute vóór die Dood wat al vir meer as 100 000 mense troos gebring het.