Bladsye: 288
ISBN: 9780796308382
Opsomming van inhoud: Om in die erediens Sondae te sit is nie om na 'n onskadelike gesellige byeenkoms te gaan nie. In die erediens sing ons bevrydingsliedere en praat ons mekaar moed in. Daar droom ons oor ’n wêreld wat God s'n en nét God s’n is. Ons glo in die God van ons eredienste; daarom glo ons aan die erediens.
Inhoudsopgawe:
Voorwoord
Cas Wepener en Johan van der Merwe
1. Ontdek die belang van die erediens
Coenie Burger
2. Ontdek die Joodse wortels van die erediens
Francois Wessels
3. Ontdek die vroeg-kerklike dinamiek van die erediens
Stephan Joubert
4. Ontdek die draaipunte in die liturgiegeskiedenis
Cas Wepener
5. Ontdek die eie-aard van gereformeerde erediens
Dirkie Smit
6. Ontdek die nagmaal in die erediens
Marcel Barnard
7. Ontdek die doop en geloofsbevestiging
Johan van der Merwe
8. Ontdek nege lense op die erediens
Johan van der Merwe
9. Ontdek die bewegings van die erediens
Johan van der Merwe
10. Ontdek eietydse tendense en uitdagings rondom die erediens
Cas Wepener
11. Ontdek die kenmerke en waarde van simbole en rituele
Cas Wepener en Johan van der Merwe
Bylaes:
1. Voorstelle van nuwe liturgiese handelinge (herbevestiging van geloof,
doop, ens)
Johan van der Merwe
2. Gereelde nagmaalviering: agtergrond en voorbeelde
Cas Wepener
3. Die Tenebrae-diens: agtergrond en ’n voorbeeld
Cas Wepener
4. Te laat het ek U liefgekry ... ’n proses van liturgie en lering vir
diegene wat (opnuut) ontdek dat God hulle gevind het
Cas Wepener
5. Voorstelle om liturgiese bewuswording in gemeentes te fasiliteer
Johan van der Merwe
6. Internet- en ander bronne
Cas Wepener en Christoff Pauw
7. Tien hedendaagse liturgiese skuiwe
Johan van der Merwe
Unieke verkoopspunte: Topverkoper en bekroonde skrywers soos Stephan Joubert, Coenie Burger, Dirkie Smit, Francois Wessels, ea dink saam oor verskillende aspekte van die erediens. Die inhoud is nie stowwerig en akademies nie, maar in lekker geselstrant aangebied.T og bied hierdie boek die nuutste internasionale insigte oor die Christelike erediens. Oorlopens vol praktiese voorstelle, erediensvraelyste, internetbronne, en nog baie meer.
Meer oor die skrywers: Dr. Cas Wepener is predikant van die NG Kerk Pinelands en deeltydse dosent in Liturgiek en navorsingsgenoot by die Departement Praktiese Teologie van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat.
Dr. Johan van der Merwe is predikant van die NG Moederkerk Stellenbosch en navorsingsgenoot by die Departement Sistematiese Teologie en Ekklesiologie van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch.
Dr. Coenie Burger is direkteur van Communitas by die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch.
Prof. Stephan Joubert is tentmakerleraar by die NG Kerk Kempton-Kruin, redakteur van ekerk en buitengewone professor in Nuwe Testament by die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria.
Prof. Dirkie Smit is dosent in Sistematiese Teologie by die Departement Sistematiese Teologie en Ekklesiologie van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch.
Dr. Francois Wessels is predikant van die Cape Peninsula Reformed Congregation en navorsingsgenoot by die Departement Ou- en Nuwe Testament van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch.
Prof. Marcel Barnard is dosent in Liturgiewetenschap aan die Protestantse Theologische Universiteit te Utrecht en aan die Vrije Universiteit te Amsterdam in Nederland.
Dr. Christoff Pauw is navorser by die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch en koördineerder vir inisiatiewe in die Suide by die Afdeling Navorsingsontwikkeling aan die Universiteit van Stellenbosch.