Nommer: DVD015
Taal: Tswana
Tydsduur: 35 minute
Kategorie: Drama
Teiken groep: Algemene gebruik. Families, tieners, kerke, skole, klinieke, hospitale en gemeenskapsentrums
Aanbieders: Akteurs van Gauteng
Direkteur: Peet Neethling
Opsomming van inhoud: Jaanong ke Nako is die verhaal van Oagamang. Weens slegte vriende begin hy drink, dobbel en steel. Sy probleem vererger en hy raak agterstallig met sy skulde. Nog erger - Oagamang word in hegtenis geneem tydens ’n diefstal. Sy vrou, Mpho, is ’n gelowige en sy ondersteun hom, bid vir hom, en besoek hom in die tronk. Sy word op haar beurt gehelp deur haar medegelowiges in die vroue organisasie. Terwyl Oagamang in die tronk is, sterf sy klein seuntjie. Dié gebeurtenis dwing hom om sy lewe te ondersoek. Na sy vrylating aanvaar Oagamang vir Christus as sy Verlosser tydens ‘n kerkdiens.
Unieke verkoopspunte: Die boodskap van genade deur Jesus Christus.