Dink jy dat Christelike beginsels mense se persoonlike vryheid bedreig?
 
 
 
 
Lig Tydskrif
 
 
Boeke arrow Leierskap arrow Mense wat 'n verskil maak - Steve Chalke



Mense wat 'n verskil maak - Steve Chalke

( Lux-Verbi )
Prys: R89.95 (14 % BTW ingesluit)


Subtitel: 25 praktiese lesse vir agente van verandering

Omslag: Sagte band

Bladsye: 144

ISBN: 9780796307781

Opsomming van inhoud: Mense wat ’n verskil maak, is kreatief en gemotiveerd en moeilik en veeleisend. Hulle het ’n visie wat nie so maklik werklikheid word nie. Die skrywer deel met ons die vyf en twintig lesse wat hy met moeite en frustrasie geleer het. Toe die skrywer gevra is om die leraar van die sterwende middestad-gemeente te word, het hy geweet wat hy wou hê. Maar dit was nie so maklik om dit te laat gebeur nie. Hy moes leer dat elke "ja" minstens "nee" impliseer, om te aanvaar dat hy nie almal se vriend kan wees nie, dat daar meer mislukkings as suksesse is, dat jy stadiger vorder as ander mense saam met jou reis, dat niks so eenvoudig is dat dit nie verkeerd verstaan kan word nie. Met erns en humor, toegelig met voorbeelde uit sy eie bediening, verduidelik die skrywer hoe jy ’n verskil kan maak sonder dat dit jou geestelike en emosioneel uitput.

Inhoudsopgawe: Erkennings; Inleiding; Les 1: Ander mense sien net jou bergpiek-ervarings raak; Les 2: Reageer >>>respond en react beteken mos dieselfde? Hoe nou?; Les 3: Jy kan nie almal se beste maat wees nie; Les 4: Elke "ja" impliseer minstens een "nee"; Les 5: Mense maak meer as programme saak; Les 6: Optrede lei tot insig meer gereeld as wat insig tot optrede lei: Les 7: Reis saam met ander is stadiger as die alleen reis; Les 8: Stadig te belowe, vinnig te lewe; Les 9: Niks is ooit heeltemal so goed of so sleg soos dit aanvanklik voorkom nie; Les 10: Visie en frustrasie is dieselfde ding; Les 11: Sukses is drie dae tussen twee krisisse: Les 12: Groot leierskap word gemeet aan wat oorbly na jy weg is; Les 13: Individualisme is die vyand van individualiteit; Les 14: Benader elke probleem met ’n oop gemoed, pleks van ’n oop mond; Les 15: Bewondering werk die beste op ’n afstand: Les 16: Vertroue ontwikkel dit is nooit net ’n geval van "aan" of "af" nie; Les 17: Lof is die wonderwerktuig; Les 18: Hou die belangrikste die belangrikste; Les 19: Mense volg mense na, nie liggaamlose beginsels nie; Les 20: Insluitend vereis nooit eenvormigheid nie; Les 21: Niks is so eenvoudig dat dit nie verkeerd verstaan kan word nie; Les 22: Volgelinge verwag maklike antwoorde, leiers weet dit bestaan nie; Les 23: Geen progressie sonder ’n proses nie; Les 24: Jy kan nie doen wat jy jou nie kan voorstel nie; Les 25: As dit nie stukkend is nie, breek dit; ’n Nagedagte: Mense wat ‘n verskil maak van môre

Meer oor die skrywer: Steve Chalke is die stigter van Oasis Global, Faithworks Movement, Parentalk en dieChurch.co.uk-netwerk. Hy het ’n sterwende middestadgemeente in Londen tot ’n polsende geloofsgemeenskap omskep. Sy naam staan tans in die Guiness World Records as die persoon wat die meeste geld vir liefdadigheid ingesamel het. Hy het in 2004 ’n MBE van die Britse koningin ontvang vir sy werk op sosiale gebied.




 







 
 
 
 
Vind ons op Facebook!
Sluit aan by ons groep.
Vind ons op Facebook!

 
 
 

 

 
Privaatbeleid     Terugstuurbeleid     Vrywaring
©2008 Bybel-Media. Alle Regte Voorbehou.

 

e-aankope - Afrikaans Aanlyn Winkel Buy Online - English Online Store Dienste en Aktiwiteite - Afrikaans Ministries and Activities - English