Dink jy dat Christelike beginsels mense se persoonlike vryheid bedreig?
 
 
 
 
Lig Tydskrif
 
 

LEWENSKUNS



Lys volgens:       

25 Maniere om met mense te wen - John C Maxwell en Dr Les Parrot

Praktiese wenke vir suksesvolle menseverhoudings Almal wil graag die vermoë hê 'om met mense te werk'. Die leierskapskenner John C Maxwell en die bekende verhoudingsielkundige dr Les Parrot verskaf praktiese dag-tot-dag wenke wat elke mens kan gebruik om sy of haar persoonlike en professionele verhoudings te verbeter.
[Produkinligting...]

R149.95 (14 % BTW ingesluit)




Beter pa, ouliker seun - Rick Johnson

Die verhouding tussen pa en seun is iets besonders. ’n Pa het ’n besondere verantwoordelikheid om voortdurend die vaardigheid aan hulle seuns oor te dra om mans met integriteit te word. Dit het nie soseer te doen met watter soort ouer jy is nie, maar met watter soort mens jy is. In hierdie boek wys Rick Johnson hoe jy met jou seun oor belangrike sake kan gesels, hoe jy ’n vertrouensverhouding met hom kan skep en die tien algemeenste foute van pa’s kan vermy. Hierdie boek sal jou help om dié soort pa te wees wat God jou bedoel het om te wees – en so kan jou seun ontwikkel in die man waarop jy trots sal wees.
[Produkinligting...]

R129.95 (14 % BTW ingesluit)




Coach jou kind vir die lewe - Tanya van Zyl

Coach jou kind vir die lewe is ’n praktiese gids propvol idees en oplossings oor hoe jy jou kind kan coach om beter te dink. Dit sal jou help om ’n kind groot te maak wat oplossings soek, passievol leef en met ’n "Ek kan"-gesindheid die lewe vierkantig in die oë wil kyk.
[Produkinligting...]

R139.95 (14 % BTW ingesluit)




Die dieper waardes waarmee ons leef - Dirkie Smit

Hierdie bloemlesing help jou om nuut en telkens vanuit ’n ongewone hoek te kyk na die waardes waarmee ons daagliks leef. Smit gee ons ’n verrassende blik op die waardes wat eintlik lê agter alles wat ons dink, sê en doen. Hiervan is ons natuurlik nie altyd bewus nie, maar ná dié boek sal lesers nooit weer kan vergeet wat die waarde is van die waardes waarmee ons leef nie.
[Produkinligting...]

R129.95 (14 % BTW ingesluit)




Die groot gebedeboek – Piet Naude

Daaglikse gesprekke met God Dit is die eerste totaal omvattende gebedeboek in Afrikaans! Daar is enkele kort gebedebundels in Afrikaans beskikbaar, maar meestal net deur een skrywer, en ’n hele paar in Engels. Maar hier is ’n eerste bundel met bykans 600 uitgesoekte, vertaalde en verwerkte gebede spesiaal byeengebring vir die Suid-Afrikaanse publiek.
[Produkinligting...]

R139.95 (14 % BTW ingesluit)




Die Groot Opdrag - Louis Malherbe

'n Goeie joernalis benader altyd 'n storie met ses vrae: wie, wat, hoekom, waar, wanneer en hoe? Met dieselfde vrae ondersoek Louis Malherbe Jesus se laaste opdrag: "Gaan en maak dissipels van alle nasis." Louis gebruik treffende beelde om dissipelskap te verduidelik.
[Produkinligting...]

R69.95 (14 % BTW ingesluit)




Die kleipot het gebreek - Fanie Rudolph

Dit is nooit maklik om depressie saam met leef nie – nie as jy dit self het, of as iemand in die gesin dit het nie. Hierdie deernisvolle boek toon die pad aan hoe ’n Christen uiteindelik daarmee kan saamleef
[Produkinligting...]

R79.95 (14 % BTW ingesluit)




Elke dag is ' n nuwe dag - Gwen de Villiers

Dit is nooit maklik om iemand te versorg wat aan Alzheimer se siekte ly nie. Hierdie deernisvolle boek toon die pad aan hoe ’n Christen daarmee kan saamleef.
[Produkinligting...]

R69.95 (14 % BTW ingesluit)




Geloof en twyfel - John Ortberg

Ons dink dikwels dat twyfel die teenoorgestelde van geloof is. Maar twyfel kan in der waarheid ’n mens se geloof versterk. Volgens John Ortberg vereis die eie-aard van geloof ’n mate van onsekerheid en twyfel. Dit is juis twyfel wat ons insig verbreed, onsekerheid kan tot vertroue lei, en ’n eerlike geloof wat met twyfel rekening hou , lei tot diepgewortelde hoop
[Produkinligting...]

R119.95 (14 % BTW ingesluit)




God seën Afrika - Ewald van Rensburg

Geen spreker of aanbieder kan sonder hierdie boek wees nie. Elke ouer en almal wat ’n bepaalde lewenswaarheid wil oordra, sal gereeld in hierdie boek blaai.
[Produkinligting...]

R119.95 (14 % BTW ingesluit)




Grootword - Angus Buchan

Die pad na Geestelike volwassenheid Dié boek vertel die inspirerende verhaal van die bekende geestelike motiveringspreker se lewe en bediening ná Faith Like Potatoes. Met sy getuienis laat hy jou na jou eie lewe kyk terwyl hy jou aanmoedig tot 'n onverskrokke geloof in die krag van God. Lees in hierdie boek hoe baie lewens reeds verander is en steeds verander word, en hoe duisende mans tot geestelike volwassenheid ontwikkel.
[Produkinligting...]

R119.95 (14 % BTW ingesluit)




Keuses wat jou lewe kan verander - John Baker

Byna almal sukkel met seerkry, obsessies en slegte gewoontes. Keuses wat jou lewe kan verander beloof om aan lesers wat met die probleme worstel, ware geluk en lewensverandering te gee.
[Produkinligting...]

R129.95 (14 % BTW ingesluit)




Verhoudings Liefde Seks - James N Watkins

Goeie, reguit antwoorde op vrae wat adolessente pla – oor uitgaan, volwassenheid, seksualiteit, liefde, puberteit, ouers, identiteit – uit ’n gebalanseerde Christelike perspektief. Die skrywer het jare ondervinding … en ’n ontspanne aanslag.
[Produkinligting...]

R109.95 (14 % BTW ingesluit)




Waag dit om lief te hê - Stephen en Alex Kendrick

Hierdie 40 dae lange begeleidende gids wat jou hart sal teruglei na ware liefde vir jou lewensmaat terwyl jy meer leer oor die ontwerp, aard en bron van ware liefde.
[Produkinligting...]

R129.95 (14 % BTW ingesluit)




Ware verhale van hoop - Helena Olivier

Hier is 22 vlees-en-bloed-stories van Suid-Afrikaners wat deur diep waters gegaan het met persoonlike tragedies, sommige universele vorms van hartseer en verlies, en ander tipies Suid-Afrikaanse ervarings van misdaad en ander skok-ervarings. Elke keer het die slagoffers egter die dramatiese ingryping in hulle lewe deurstaan en beter, sterker mens anderkant uitgekom. ’n Boek van hoop vir alle volwasse lesers.
[Produkinligting...]

R109.95 (14 % BTW ingesluit)




Wees 'n dinamiese leier - John Trent, Rodney Cox, Eric Tooker

Wees 'n dinamiese leier bestudeer die proses wat gevolg moet word om 'n bedieningspan te bou wat na aan mekaar is. Dit help lesers om elkeen in die span se unieke persoonlikhede te ontdek.
[Produkinligting...]

R79.95 (14 % BTW ingesluit)






  
Results 1 - 16 of 16
Indien jy nie die boek/CD/DVD van jou keuse hieronder kry nie, sal ons jou help. Voltooi hierdie maklike vorm:
Naam:
E-pos adres:
Onderwerp:
Navraag:
Herhaal kode:     44B2P
 
 
 
The Ultimate Goal
 
Vind ons op Facebook!
Sluit aan by ons groep.
Vind ons op Facebook!

 
 
 

 

 
Privaatbeleid     Terugstuurbeleid     Vrywaring
©2008 Bybel-Media. Alle Regte Voorbehou.

 

e-aankope - Afrikaans Aanlyn Winkel Buy Online - English Online Store Dienste en Aktiwiteite - Afrikaans Ministries and Activities - English