Gee jou mening oor die voorgestelde pornografiekanaal op DSTV?
 
 
 
 
Kersfonds

Lig Tydskrif
 

NUUT



Lys volgens:       

Boodskappe wat saak maak - Johan Smit

Kom ons stel ons visier reg in vir hierdie jaar se saamloop met God – kom ons begin op ons knieë, in verwondering, in aanbidding voor God." Só skryf Johan in die eerste dagstuk vir die nuwe jaar, en as jy dit op dié manier begin, dan weet jy dat jy die pad reg loop.
[Produkinligting...]

R109.95 (14 % BTW ingesluit)




Breek deur die grens (CD ingesluit) - Jacob van Zyl

Jy weet jy (of ’n familielid of vriend) het hulp dringend nodig. Maar jy weet nie waar om te begin nie. Heelwat gevallestudies is ingewerk om aan te toon hoe die inligting met die praktyk verband hou.
[Produkinligting...]

R129.95 (14 % BTW ingesluit)




Brekfis met die Shrink - Eugene Kemp

Eugene Kemp skryf met insig oor die alledaagse wat ons lewe vorm - maar veral hoe ons moet reageer teenoor die gebeure wat ons lewens beïnvloed. Vars, kort stories wat jou lewe sal verryk.
[Produkinligting...]

R125.00 (14 % BTW ingesluit)




Die 50 grootste geloofsvrae - Isak Burger en andere

In hierdie opwindende nuwe boek ondersoek 50 Bybelkenners van die werklike groot vrae wat mense vir baie jare al vra – en hulle verskaf reguit antwoorde. Bekendes soos Isak Burger, Jan van der Watt, Hennie Stander asook kundiges het bygedra tot die boek.
[Produkinligting...]

R109.95 (14 % BTW ingesluit)




Die ander kant van seerkry - Johan Smit

Die gewilde skrywer Johan Smit lei jou stap vir stap deur die rouproses van stukkendheid en verslaenheid, om weer heel te word en terug te bons, soos die subtitel sê.
[Produkinligting...]

R79.95 (14 % BTW ingesluit)




Die eerste 5 minute na die dood vir kinders - Isak Burger

Indien jy ooit die dood aan ’n kind moet verduidelik, het jy hierdie boek nodig. Dr Isak Burger, skrywer van die treffers, Die eerste 5 minute na die dood en Die laaste 5 minute vóór die dood, verduidelik die onderwerp in eenvoudige, vertroostende taal. Die boek is geskik vir laerskoolkinders.
[Produkinligting...]

R54.95 (14 % BTW ingesluit)




Die eerste 5 minute na die dood vir tieners - Isak Burger

Is jou hart gebreek deur die dood van iemand vir wie jy lief was? Doen dan iets goeds vir jouself ... lees hierdie boek. Dit is nie ’n dik boek met lang sinne en moeilike woorde nie. Jy sal al die antwoorde op jou vrae vind en kry wat jy nodig het om te kan cope met jou hartseer.
[Produkinligting...]

R59.95 (14 % BTW ingesluit)




Die Evangelie is op die spel - Adrio König

Die internasionaal bekende skrywer Adrio König kyk na vreemde oortuigings oor die Bybel en Jesus Christus wat verkondig word, en vra dan die vraag wat ons almal raak: Is die evangelie self nie dalk op die spel nie?
[Produkinligting...]

R139.95 (14 % BTW ingesluit)




Die Geliefde Dissipel - Beth Moore

Drie jaar lank het hy saam met Jesus gestap, aan sy voete gesit, gesien hoe Hy siekes genees, dooies opwek en 'n skare voed met net 'n paar broodjies en vis. Hy het God se liefde in aksie beleef en daardie liefde het sy lewe verander. Johannes, seun van die donder, het die geliefde dissipel geword.
[Produkinligting...]

R119.95 (14 % BTW ingesluit)




Eierpryse (DVD + pamflet)

EIERPRYSE laat jou deur ’n proses stap om te verstaan wat dit beteken om kerk te wees. Ons kan ‘n klomp slim dinge sê oor God se koninkryk en sy kerk. Die geheim is seker om te besef dat elkeen ‘n belangrike rol het om te vervul.

Rimpelgemeentes kry korting



[Produkinligting...]

R69.95 (14 % BTW ingesluit)




God en die gode van Egipte - Willie Esterhuyse

’n Fassinerende boek oor die godeverhale, mites, simbole en metafore van Antieke Egipte – ’n "reisverhaal"om uit te kom by antwoorde op vrae soos: Watter invloed het hierdie stories gehad op die Christelike geloofstradisie? Wat leer ons vandag daaruit oor die verhouding tussen mag en moraliteit? Hoe help die verhale oor die Egiptiese gode en die God van die Christene ons om moreel en met geregtigheid te lewe? Om verhoudings heel te maak?

Klik hier om die resensie in Rapport te lees
[Produkinligting...]

R129.95 (14 % BTW ingesluit)




Lief vir die lewe! - Victoria Osteen

Lief vir die lewe! sal jou help om jou lewe vanuit ’n vars, nuwe perspektief te beskou: om verder te kyk as waar jy jou nou bevind en om jou lewe lief te hê op wyses wat jy nooit gedink moontlik is nie! 'n Eenvoudige en maklik bereikbare plan tot geluk. Victoria Osteen is die mede-learaar van die bekende Lakewood Kerk in die VSA, asook die eggenote van Joel Osteen.
[Produkinligting...]

R129.95 (14 % BTW ingesluit)




Lig op waardes

Die LIG op waardes is bedoel vir ouers wat vir hulle kinders gesonde waardes wil leer.• Opvoedkundige riglyne. • Interaktief. • Afrikaans en eietyds. • Pret.

Kliek hier vir die DVD en Boekpakket prys van R100.00


[Produkinligting...]

R79.95 (14 % BTW ingesluit)




Om Christus beter te ken - Annes Nel

Hierdie bundel met volledige eredienste is ’n eerste poging om gemeenteleiers te help wanneer hulle eredienste moet lei.
[Produkinligting...]

R99.95 (14 % BTW ingesluit)




Ontdekkings in die erediens - Cas Wepener en Johan van der Merwe

Om in die erediens Sondae te sit, is nie om na 'n onskadelike gesellige byeenkoms te gaan nie. In die erediens sing ons bevrydingsliedere en praat ons mekaar moed in. Daar droom ons oor 'n wêreld wat God s’n en nét God s’n is. Ons glo in die God van ons eredienste; daarom glo ons aan die erediens.
[Produkinligting...]

R119.95 (14 % BTW ingesluit)




Pleisters vir die Siel - Riekert Botha

Pleisters vir die Siel poog om die pyn van die lewe meer draaglik te maak en mense hoop te gee. Die Pleister vir die siel-konsep het sy ontstaan gehad toe Riekert Botha by RSG met Brekfis met Derrich begin het. Die plan was om iets te skep wat vleis om die been het, maar nie prekerig is nie. Hier is dit!
[Produkinligting...]

R137.00 (14 % BTW ingesluit)




Radikaal anders soos Jesus - Adrio König

Dit is deesdae moeilik om Christene van die res van die wêreld te onderskei. Die eienskappe wat bedoel is om ons te laat uitstaan, vervaag tussen die massas. In ’n wêreld wat Jesus meer as ooit nodig het, is dit noodsaaklik om te verstaan hoekom Hy so radikaal anders geleef het ... en hoe jy dit ook kan doen. Die boek is geteken deur die skrywer.
[Produkinligting...]

R119.95 (14 % BTW ingesluit)




Stories van Jesus - raai en draai - Sally Ann Wright

Hierdie pragtige Bybel met 40 kort verhale sal aan peuters ure se pret verskaf terwyl hulle die Bybelverhale leer ken en meer van Jesus leer deur self die wieletjies te draai en só die prentjies te voltooi. Geskik vir kinders 2-5.
[Produkinligting...]

R99.00 (14 % BTW ingesluit)




Tango - Jeanne Els

Met haar fyn joernalis-oog kyk Jeanne Els terug op kosbare oomblikke met haar Skepper en haarself; met geliefdes, vriende en vreemdes en bied dit vir lesers aan in meer as veertig geskrewe geskenkpakkies. Els is die skrywer van die 2008 topverkoper Ligdans.
[Produkinligting...]

R89.95 (14 % BTW ingesluit)




Teologie Stellenbosch 150+ - Eindredakteur: Pieter Coertzen



NORMALE PRYS: R184.954
Hierdie feesboek gee ’n pragtige en omvattende uitbeelding van die ontstaansgeskiedenis en ontwikkeling van die Kweekskool. Die gedenkbundel kyk terug op 150 jaar, maar dit fokus op die huidige opleiding van predikante en die uitdagings en hoop wat die toekomstige opleiding inhoud.

Klik hier om die resensie in die Burger te lees.

[Produkinligting...]

R129.95 (14 % BTW ingesluit)




Twyfel - Alistair McGrath

Hierdie boek verduidelik wat twyfel is en hoe dit ontstaan – en waarom twyfel vir elke gelowige noodsaaklik is as hy/sy geestelik wil groei.
[Produkinligting...]

R109.95 (14 % BTW ingesluit)




Waarom Lewe Ek - Viktor Frankl

Die sentrale tema van hierdie boek is: Om die lewe te leef beteken lyding; om die lewe te oorleef beteken om sin in lyding te soek en te ontdek. Indien die lewe sinvol is, sê Frankl, moet daar ‘n soort sin in lyding en die dood wees. Elke mens moet egter self uitvind wat die doel van sy of haar lyding is. "Wie ‘n waarom besit, waarvoor hy of sy kan lewe, kan byna elke hoe verwerk."
[Produkinligting...]

R112.00 (14 % BTW ingesluit)




'n Nuwe Hart, 'n Nuwe lewe - Gary Smalley

Soveel mense is vandag moedeloos, gestres, wanhopig en selfs depressief. Die tempo waarteen ons leef en die druk van die wêreld dra alles by tot ons angs en onsekerheid.’n Nuwe hart, ’n nuwe lewe wys lesers hoe om al hierdie dinge te oorwin.
[Produkinligting...]

R129.95 (14 % BTW ingesluit)






  
Resultate 1 - 23 van 23
Indien jy nie die boek/CD/DVD van jou keuse hieronder kry nie, sal ons jou help. Voltooi hierdie maklike vorm:
Naam:
E-pos adres:
Onderwerp:
Navraag:
Herhaal kode:     KFEZC
 
 
 
The Ultimate Goal
 
Vind ons op Facebook!
Sluit aan by ons groep.
Vind ons op Facebook!
 
 
 
 
 
 

 

 
Privaatbeleid     Terugstuurbeleid     Vrywaring
©2008 Bybel-Media. Alle Regte Voorbehou.

 

e-aankope - Afrikaans Aanlyn Winkel Buy Online - English Online Store Dienste en Aktiwiteite - Afrikaans Ministries and Activities - English