|
|
Humor
Die afgelope aantal jare skryf Barend Vos, self predikant, anekdotes oor Jongdominee en SyGoeieVrou se verblyf in 'n plattelandse gemeente. Hier word hulle blymoedigheid en geduld "tot die uiterste beproef". In hierdie 22 verhale is al die bekendes soos Koosgoet, Gawie Grootwoord, Piet Pos, tannie Orrel, Bettie Brood, Tannie Perskop, Troebelthys en die res, weer teenwoordig.
[Produkinligting...]
R99.95
(14 % BTW ingesluit)
Gawie Grootwoord, tannie Perskop, oom Koosgoet, Heilige Hannie, Karel Koster, Piet Pos en Sakkie Skool, om maar net 'n paar te noem, is steeds besig om op vindingryke wyse dié plattelandse gemeente aan die gons te hou, en om Jongdominee en SyGoeieVrou te laat bontstaan met al hulle kaskenades! Die alombekende Fred Mouton se illustrasies verseker weer eens verhoogde leesgenot.
[Produkinligting...]
R99.95
(14 % BTW ingesluit)
Wat maak Jongdominee op 'n kriekettoer – saam met opgewonde skoolseuns, 'n lydsame, dog vasberade Sakkie Skool en daardie befaamde skeidsregter, Niklaas van die bank?
Dit is maar een van die vele vrae wat die predikant, nou reeds 'n bekende by duisende lesers van LIG, homself kon afvra, die nag toe Niklaas langs hom in die slaapsak wou inkruip. Maar teen daardie tyd wat dit reeds te laat …
[Produkinligting...]
R99.95
(14 % BTW ingesluit)
Barend Vos, oftewel Grootseun, se briefsketse aan Ma en Pa oor tannie Perskop en haar genote in Jongdominee se plattelandse gemeente, is van die lekkerste, sappigste, vrolikste, ráákste leesgoed wat jy jou kan voorstel. In die gesinstydskrif LIG is dié sketse die afgelope paar jaar ligpunte wat lesers nie kan laat wag dat die volgende uitgawe verskyn nie.
[Produkinligting...]
R99.95
(14 % BTW ingesluit)
|
|
|
|
|