|
IN DIE KOLLIG – KEUSE VAN DIE WEEK ------------------------------------------------------
Christelike Kernensiklopedie Hoofredakteur: Frits Gaum Uitgewers: Lux Verbi in samewerking met Bybelkor Prys: R349.95 (14 % BTW ingesluit)
Hierdie ensiklopedie – 'n eerste in Afrikaans – is jou sleutel om God se Woord, sy koninkryk, sy kerk, die wêreld, die geskiedenis, jouself en jou geloof beter te verstaan. 3 250 inskrywings op 1 248 volkleur bladsye. Bestel voor die einde van Desember en kry 25% afslag! Die Burger se resensie VERDERE INLIGTING |
|
NUWE VRYSTELLING -------------------------------------------------------
Keuses wat jou iets kos Outeur: Jaco Thom Prys: R40,00 (14% BTW ingesluit) ’n Ses-weke-Bybelstudie oor Rut en Boas Vir kleingroepe Om ’n navolger van Jesus te wees, ook in die gewone gang van die lewe, kós jou. Dit is een van die temas van Rut. In dié Bybelboek lees ons van gewone mense wat in die alledaagse dinge hulle geloof op ’n besondere manier uitgeleef het. Húlle wys vir jou dat geloof in God jou lewe verander omdat dit jou laat uitreik na die mense rondom jou. VERDERE INLIGTING |
TOP VERKOPER ------------------------------------------------------
Akkerpret in Bybelpark – DVD 4 – Jesus is lewe  Prys: R95,95 (14% BTW ingesluit) Die vierde DVD in die gewilde Akkerpret in Bybelpark reeks! Die 8 verhale op hierdie DVD word met kleurvolle poppekarakters uitgebeeld. Die teks en poppekarakters is eietyds en relevant vir kinders se leefwêreld. Elke verhaaltjie is uniek en beeld ’n kernwaarde of karakterles vir die kyker uit. Aan die einde van elke storie is daar ’n heerlike opgewekte splinternuwe liedjie wat die boodskap van die verhaal op ’n ritmiese lekker-saamsing-manier opsom. VERDERE INLIGTING |
|
SPESIALE AANBIEDINGS ------------------------------------------------------ Gee vir my 'n reënboog, Here Skrywer: Johan Smit Was: R89.95, NOU: R35.00 (14% BTW ingesluit) Op soek na God se genade wanneer dinge gebeur wat jy nie verstaan nie. Johan Smit haak by ’n aantal Bybelkarakters aan wat in sy eie lewe ’n beduidende rol gespeel het. Hy vertel hulle stories met sy eie storie so dan en wan in gedagte – ’n aantal stories waar dit donker was en waar God wonderbaarlik ’n verskil gemaak het. VERDERE INLIGTING |
|